Die atlete Charl du Toit, Ilse Hayes en Fanie van der Merwe het Sondagmiddag drie medaljes vir Suid-Afrika ingepalm. Dit beteken span SA het tot op hede 5 medaljes by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen.
Charl du Toit het vroeër die week sy eie wêreldrekord gebreek in die 100 m vir mans (T37) met ’n tyd van 11.42 sekondes. Hy het Sondagmiddag die finale ronde gewen in ’n tyd van 11.45 sekondes.
Du Toit se spanmaat, Fanie van der Merwe, het in dieselfde item derde geeïndig met ’n tyd van 11.54 sekondes.
’n Rukkie later het die naelloper Ilse Hayes die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword wat ’n medalje by die 2016 Paralimpiese Spele wen. Hayes het tweede geeïndig in die 100 m vir vroue (T13) in ’n tyd van 11.91 sekondes.
Lees hier wie die ander twee medaljes gewen het.