kategorieë: DekorLeefstyl

5 maniere om die lente binne te nooi

5 maniere om die lente binne te nooi deur Elandrè Swart. Hooffoto:pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Plante

Hierdie jaar is dit weer baie gewild om potplante in jou huis aan te hou, maar plante is eintlik altyd ’n goeie idee want hulle lyk nie net mooi en vars nie, maar hulle vervaardig ook suurstof in jou huis. Verder sal vase met vars lenteblomme in elke kamer dadelik die gevoel van lente skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenk: As jy nie groen vingers het nie kan jy ook kunsplante in jou huis plaas om dié voorkoms te skep – sonder die verantwoordelikheid om te onthou om jou plante nat te gooi!

Lees ook: Maak tuin op jou balkon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke vir binnenshuise plante

Materiale

Dis tyd om jou warm en swaar winterbedekkings, soos matte en komberse weg te pak vir sagter, ligter en kleurvolle materiale. Om iets so klein soos die strooikussings of oorgooidekens in jou sitkamer af te wissel is ’n eenvoudige manier om sagter materiale en ’n bietjie kleur in jou huis te inkorporeer.

Lees ook: Meng en pas met strooikussings

Organiese materiale in jou huis

Vrolike fraiings

Verf

’n Lekker manier om die helder kleure te gebruik in jou huis is om ’n meubelstuk ’n vrolike kleur te verf. Dink aan heldergeel, rooi, of dalk sagte pastelkleure as jy te bang is om iets te helder te gebruik.

Lees ook: Skep ’n fokusmuur

Tropiese patrone

Van strooikussings tot afdrukke om teen jou muur te hang, hierdie patrone kan orals gebruik word! Die beste deel? Geen groen vingers word benodig om hierdie “plante” in jou huis aan te hou nie.

Lees ook: Kies plakpapier só

Geure

Om ’n paar gegeurde kerse in jou huis te plaas is ’n wonderlike manier om die vars reuke van lente binne jou huis te bring. As ’n gegeurde kers se reuk dalk te sterk na jou smaak is, is ’n geurspreier (diffuser) net so effektief.

Lees ook: Geur vir jou huis

Geur vir jou tuiskantoor

Lees ook: Verwyder slegte reuke in jou huis vinnig

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

1 week Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

1 week Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

1 week Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

1 week Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

1 week Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.