5 maniere om die lente binne te nooi deur Elandrè Swart. Hooffoto:pexels.com
Plante
Hierdie jaar is dit weer baie gewild om potplante in jou huis aan te hou, maar plante is eintlik altyd ’n goeie idee want hulle lyk nie net mooi en vars nie, maar hulle vervaardig ook suurstof in jou huis. Verder sal vase met vars lenteblomme in elke kamer dadelik die gevoel van lente skep.
Wenk: As jy nie groen vingers het nie kan jy ook kunsplante in jou huis plaas om dié voorkoms te skep – sonder die verantwoordelikheid om te onthou om jou plante nat te gooi!
Lees ook: Maak tuin op jou balkon
Materiale
Dis tyd om jou warm en swaar winterbedekkings, soos matte en komberse weg te pak vir sagter, ligter en kleurvolle materiale. Om iets so klein soos die strooikussings of oorgooidekens in jou sitkamer af te wissel is ’n eenvoudige manier om sagter materiale en ’n bietjie kleur in jou huis te inkorporeer.
Lees ook: Meng en pas met strooikussings
Organiese materiale in jou huis
Verf
’n Lekker manier om die helder kleure te gebruik in jou huis is om ’n meubelstuk ’n vrolike kleur te verf. Dink aan heldergeel, rooi, of dalk sagte pastelkleure as jy te bang is om iets te helder te gebruik.
Lees ook: Skep ’n fokusmuur
Tropiese patrone
Van strooikussings tot afdrukke om teen jou muur te hang, hierdie patrone kan orals gebruik word! Die beste deel? Geen groen vingers word benodig om hierdie “plante” in jou huis aan te hou nie.
Lees ook: Kies plakpapier só
Geure
Om ’n paar gegeurde kerse in jou huis te plaas is ’n wonderlike manier om die vars reuke van lente binne jou huis te bring. As ’n gegeurde kers se reuk dalk te sterk na jou smaak is, is ’n geurspreier (diffuser) net so effektief.
Lees ook: Geur vir jou huis
Lees ook: Verwyder slegte reuke in jou huis vinnig