kategorieë: Leef gesondGesondheid

5 maklike veranderinge wat jy tydens Hartbewustheidsmaand kan maak om jou gesondheid te verbeter

September is die maand van hernuwing en positiewe verandering. Dit is ook wanneer Suid-Afrika Hartbewustheidsmaand vier, wat dit die perfekte tyd maak om kragtige leefstylkeuses te maak wat jou hart se gesondheid sal verbeter. Mbali Mapholi, die dieetkundige waarmee Laager Rooibos saamwerk, verduidelik dat die risiko’s vir hartsiektes verminder kan word deur daagliks ’n paar klein veranderinge aan te bring, met die fokus op dieet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Oogsiektes onder die vergrootglas: Wees bedag hierop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Hartbewustheidsmaand is die perfekte tyd om eenvoudige, dog doeltreffende veranderinge te maak wat jou hart se gesondheid sal verbeter,” verduidelik Mapholi. “In Suid-Afrika, waar hartsiekte die vernaamste oorsaak van sterfte bly, kan hierdie vyf maklike veranderinge jou help om beheer van jou hart se gesondheid met die minste moeite te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verruil skyfies vir springmielies

Baie Suid-Afrikaners geniet skyfies as hul gunstelingpeuselhappie, maar dit bevat dikwels ongesonde vette en sout. Kies eerder tuisgemaakte springmielies wat laag in vet is en ’n goeie bron van vesel is. Springmielies bied daardie bevredigende knarsgeluid sonder die bygevoegde sout, wat dit ’n baie gesonder opsie vir jou hart maak. As jy die voedingswaarde daarvan nog meer wil verhoog, voeg ’n bietjie voedsame gis by in die plek van sout.

Lees ook: Is jy onwetend met hierdie kankerwekkers in kontak?

Eet bruin- of volgraanbrood in plaas van witbrood

Witbrood is ’n stapelvoedsel in baie Suid-Afrikaners se huise, maar dit het ’n laer voedingswaarde in vergelyking met die bruin ekwivalent. Deur na bruin- of volgraanbrood te verander, kan jy jou veselinname verhoog wat jou cholesterolvlakke sal verminder en gesonde spysvertering sal ondersteun. Hierdie eenvoudige verandering kan ook ’n groot verskil maak daarin om bloedsuikervlakke dieselfde te hou en jou kanse vir hartsiekte te verminder.

Verruil ghee of varkvet vir kanola-olie of olyfolie

Die tradisionele kos wat in Suid-Afrikaanse huishoudings gemaak word sluit dikwels die gebruik van ghee of varkvet in, wat albei hoog in versadigde vette is. ’n Gesonder alternatief is om met kanola of olyfolie te kook, wat albei ryk in mono-onversadigde vette is wat help om slegte cholesterol (LDL) te verlaag en die risiko vir hartsiekte te verminder. Of jy braai, rooster of ’n slaaisous maak, kan dit jou hart se gesondheid op ’n betekenisvolle manier verbeter as jy na hierdie olies omswaai.

Lees ook: Bestuur jou geestesgesondheid met slaap en oefening

Los die sout en gebruik kruie

Pleks daarvan dat jy ’n soutpot op die tafel plaas, oorweeg dit om ’n gegeurde kruie te gebruik. Jy kan jou eie maak deur ’n maler met ’n mengsel van jou gunstelingkruie en -speserye vol te maak, en selfs ’n tikkie sitrusskil by te sit. Die mengsel van geure kan vir jou gesin se smaak pasgemaak word, terwyl dit ’n heerlike en gesondheidsbewuste alternatief tot sout bied. Deur gedroogde kruie soos oreganum, roosmaryn en tiemie te gebruik, gemeng met speserye soos swartpeper en paprika, asook ’n tikkie suurlemoen- of lemoenskil, kan jy die smaak van jou maaltye verbeter sonder die bygevoegde sout. Die eenvoudige uitruiling verminder jou soutinname en stel jou aan meer verskeidenheid en kreatiwiteit in jou alledaagse kosmaak voor.

Kies Laager-rooibostee oor suikerige drankies

Soet drankies is ’n groot bron van ekstra kalorieë en bygevoegde suiker in die Suid-Afrikaanse dieet, wat tot gewigstoename en die verhoogde risiko vir hartsiekte lei. ’n Hartvriendelike alternatief is Laager se reeks suiwer en gegeurde rooibos. Rooibos is natuurlik soet, kaffeïenvry en ryk in antioksidante. Laager Rooibos is die enigste teesakkie wat die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika se goedkeuring wegdra, danksy die feit dat rooibos help om bloeddruk te verlaag en -sirkulasie te verbeter, wat dit ideaal maak om elke dag vir ’n gesonde hart te drink. Laager Rooibos is veelsydig en kan as ’n vertroostende warm drankie of as verfrissende, tuisgemaakte ystee geniet word, wat jou ’n heerlike manier bied om jou dors te les terwyl dit ook jou hart ondersteun.

Die voordele wat rooibos vir jou hart se gesondheid inhou, word verder deur ’n eiesoortige studie verken onder leiding van ’n toonaangewende navorser van die departement van oefening, sport en leefstylmedisyne aan die Universiteit Stellenbosch, prof Elmarie Terblanche. Hierdie toonaangewende studie ondersoek die impak wat rooibos op mense, veral vroue, in werklike omstandighede het. Die doel van die studie is ook om te verken wat rooibos se impak is daarin om vetsug te beveg en die risiko vir tipe 2-diabetes asook kardiovaskulêre siektes te verlaag. Dis ‘n opwindende nuwe ontwikkeling in rooibosnavorsing, wat deur die Suid-Afrikaanse Rooibosraad aangevoer word.

Candice Sessions, Laager se bemarkingsbestuurder, merk dat om vasgelegde gewoontes te verander moeilik kan wees, en dat mense gewoonlik met onrealistiese mikpunte begin wat mislukking ’n gegewe maak. “Dis waarom ons mense aanmoedig om eenvoudige verandering tydens Hartbewustheidsmaand te maak, wat bekostigbaar en maklik is om in almal se daaglikse roetine te integreer. Hierdie positiewe verandering, wat behels om ’n paar koppies Laager Rooibos-tee in jou daaglikse dieet te voeg, kan ’n kettingreaksie tot gevolg hê wat tot gesonder keuses vir beter hartgesondheid en algehele welstand lei.”

Vir meer uit oor Laager Rooibos en kry toegang tot gesonde resepte, raad en wenke.

Lees ook: Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid en wat jy daaraan kan doen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Nuwe restaurant in Kaapse Waterfront fokus op Afrika-kos

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Die restaurant staan onder leiding van die bekwame…

18 hours Gelede

Van Tienertoneel tot Showmax: Graad 11-leerder slaan rol in Spooksoeker-verwerking los

Rico vertolk Warno Alberts in die Showmax Original-tienerreeks Spooksoeker, wat op die topverkoperboeke deur veelbekroonde…

20 hours Gelede

Espressokoekies

Maak 36 koekies   Bestanddele   500 ml (2 k) koekmeel 60 ml (¼ k)…

21 hours Gelede

Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

De Klerk Oelofse en Andries Adendorff kom al ’n lang pad – van 2017 met…

2 days Gelede

Laat die kurke vir dié wenners klap!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Plettenbergbaai se Newstead Wines stap vanjaar vir die…

2 days Gelede

Wat die onlangse volatiliteit in die Forex-mark vir Suid-Afrikaanse beleggers beteken

As 'n land met 'n relatiewe oop ekonomie, is die geldeenheid van Suid-Afrika, die rand,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.