kategorieë: KosNagereg

5 lekker nageregte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sjokolade-yskastert

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 150 ml dubbeldikroom
  • 100 g botter, in blokkies gesny
  • 400 g donkersjokolade, ruweg gekap
  • 150 g gemmerkoekies, gekrummel (nie te fyn)
  • 80 g pistasieneute, grof gekap
  • 125 g (sowat 14) pruimedante, ontpit en in repies gesny
  • kakao om oor te sif

  1. Smeer ’n vierkantige losboompan van 20 cm x 20 cm met olie.
  2. Smelt die room, botter en sjokolade saam in ’n glasbak oor ’n dubbelkoker. Roer tot glad en glansend.
  3. Gooi die koekies, neute en pruimedante in ’n bak en gooi die sjokolademengsel oor. Meng liggies deur en skep in die pan. Druk dit mooi gelyk en smeer glad met ’n slaplemmes. Laat afkoel. Sit in die yskas tot heeltemal geset.
  4. Keer die tert uit die pan en sif ’n dik laag kakao oor. Sny in 2 cm-stafies en smul!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mengelmoes-poeding

Gooi die laaste laag bessies net voor opdiening oor.
– genoeg vir 8

  • 2 pakkies tennisbeskuitjies, grof gekrummel
  • 500 g (2 houers) mascarponekaas
  • 500 ml (2 houers) room
  • 125 ml (½ k) strooisuiker
  • 1 vanieljepeul, gehalveer deur die lengte (opsioneel)
  • 250 ml (1 k) aarbei coulis (sous) of 250 ml
  • (1 k) vars aarbeie, gesny en sag gekook in 125 ml (½ k) appel-of aarbeisap en dan fyngemaak in ’n voedselverwerker of met ’n vurk
  • 500 g vars aarbeie, gehalveer
  • 250 g verskeidenheid vars bessies of nog aarbeie

  1. Pak die helfte van die beskuitjies onder in ’n 2 l-glasbak.
  2. Klop die mascarpone, room en strooisuiker saam tot glad en dik met ’n elektriese klitser. Krap die vanieljesaadjies van die peul af en meng deur die mascarponemengsel. Skep een lagie oor die beskuitjies maar nie alles nie.
  3. Skep ’n lagie van die aarbei coulis oor gevolg deur ’n laag vars aarbeie.
  4. Herhaal die lae. Skep die laaste van die mascarponemengsel bo-op en tooi met bessies.

Bruinsuiker-meringue

1 middelslag-meringue

  • 4 groot eierwitte, by kamertemperatuur
  • 250 ml (1 k) Selati-demarera bruinsuiker
  • 250 ml (1 k) room
  • 15 ml (1 e) goeie koffiepoeier
  • 80 g gepreserveerde gemmer in stroop, dun gesny

Voorverhit die oond tot 100 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Klop die eierwitte in ’n elektriese menger tot dit stywe punte vorm. Voeg 1/3 van die suiker by en klop vir 1-2 min. tot dik en glansend.
  2. Voeg die res van die suiker by terwyl die menger aangeskakel is. Hou aan klits tot dik en skuimerig en tot dit weer stywe punte vorm.
  3. Skep die meringue op die voorbereide bakplaat. Vorm dit met die agterkant van ’n paletmes in ’n sirkel.
  4. Bak vir 1-1½ uur tot krakerig. Maak die oonddeur ná sowat ’n uur oop sodat die meringue nie brand nie. Droog nog ’n bietjie in die afgeskakelde oond uit tot krakerig. As dit nog baie sag is, kan jy die temperatuur tot 50 °C verlaag en dit verder laat uitdroog.
  5. Laat die meringue afkoel, lig versigtig van die bakpapier op en sit op ’n mooi dienbord.
  6. Klop die room en vou die koffiepoeier in. Skep op die afgekoelde meringue met die gepreserveerde gemmer bo-op.

Die beste sjokoladebruintjies

Genoeg vir 1 pan

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 125 ml (½ k) kakaopoeier
  • 5 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • 250 ml (1 k) botter
  • 500 g (5 blokke) donkersjokolade
  • 625 ml (2½ k) suiker
  • 6 groot eiers
  • 2 x 100 g-pakkies pekanneute

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 22 cm x 32 cm-oondpan met bakpapier uit. Die papier moet oor die pan se sykante hang. Spuit met kleefwerende kossproei.

  1. Meng die meel, kakao, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak en hou eenkant.
  2. Sit die botter en sjokolade in ’n glasbak wat op ’n groot kastrol met borrelende kookwater pas. Smelt oor ’n lae hitte tot glad. Verwyder.
  3. Voeg die suiker by en roer deur. Voeg die eiers by, dan die meelmengsel en laastens die pekanneute. Meng deur, maar moenie te veel meng nie.
  4. Gooi die beslag in die voorbereide oondpan. Bak vir 50 min. tot ’n toetspen skoon maar klam uitkom. Haal die pan ’n bietjie gouer uit as jy van klam bruintjies soos op die foto hou.

Karamel-en-dadel-sous-poedinkies

  • 60 g botter
  • 125 ml melk
  • 225 g Huletts- sagte bruinsuiker
  • 85 g ontpitte dadels, fyn gekap
  • 150 g bruismeel
  • 60 ml geblikte karamel
  • 435 ml kookwater

Voorverhit die oond tot 180 °C en sit 4 x 300 ml- of 6 x 180 ml-bakkies op ’n bakplaat.

  1. Verhit die botter, melk, suiker en dadels in ’n kastrol tot die botter gesmelt het. Voeg die bruismeel by en meng goed.
  2. Skep 15 ml karamel in elke bakkie en verdeel die dadeldeeg tussen die bakkies.
  3. Gooi oor die agterkant van ’n lepel ewe veel kookwater oor elke poeding. Bak vir 25-30 min.
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

9 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

10 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.