Wenke vir ’n stylvolle wintervoorkoms deur Bea Lingenfelder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hoe meer lae jy opstapel, hoe makliker kan jou uitrusting deurmekaar begin lyk. Hou jou kleurpalet ooreenstemmend.
Dit hoef nie noodwendig alles neutrale kleure te wees nie, maar as jy van helder kleure hou, kan jy rondspeel met skakerings van daardie kleur.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }#rrWenk: Jy kan een of twee kleure met mekaar kontrasteer, maar balanseer dit dan uit met ’n klassieke swart, wit of roomkleurige item.
Hoewel modekenners die afgelope jare jou gereeld aangemoedig het om patrone links en regs te kombineer, kan ’n stylvolle voorkoms so vinnig by die agterdeur uithardloop.
’n Kombinasie van twee klassieke patrone is ’n goeie manier om stylvol, maar steeds modieus te lyk.
#rrWenk: As jou een patroon baie bont en besig is, maak dit die fokusitem van jou uitrusting.
Hoewel jy jou kleurpalet en patrone aan die veiliger kant moet hou, het jy vrye teuels met tekstuur.
Dit skep diepte en is winterwelig op ’n stylvolle manier, byvoorbeeld denim jeans, ’n katoenhemp met ’n leerbaadjie en woljas.
#rrWenk: Moet egter nie te veel dik materiale opmekaar stapel nie, anders kan jou liggaam vorm verloor.
Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap
Om klere opmekaar te dra kan jou vinnig bonkig en vormloos laat lyk.
Hoewel ’n gordel om jou jas of trui die kits-reddingstegniek is, is nie almal aanhangers daarvan nie.
In hierdie geval, maak seker jou eerste paar lae sit styfpassend aan jou figuur voor jy jou groot jas of baadjie oorgooi.
#rrWenk: Steek jou trui in aan die kant in vir ’n diagonale soom wat jou bene verleng.
Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk
Wanneer jy stewels saam met ’n lang jas dra, maak seker daar steek ten minste drie sentimeter van jou broek of kouse uit tussen die jas en stewels.
Wanneer jou jas oor jou stewels hang, verbreek dit jou bene se vorm.
#rrWenk: Dra korter jasse of baadjies saam met lang stewels.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.