kategorieë: Hare

5 haarstyle vir ’n moderne voorkoms

1 Probeer die prettige pixie

As jy fyner hare het, probeer dalk ’n speelse pixie-snit, stel Shelene Shaer (eienaar van TANAZ Hair Body Nails) voor. Dit is ’n jeugdige styl wat baie vroue pas. Hou die snit kort genoeg sodat daar heelwat volume op die wortels is. As die hare te lank is, sal die styl eenvoudig plat lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die pixie-snit is ook perfek vir ouer dames wat graag min tyd aan hul hare wil bestee, maar steeds jonk en modern wil lyk. Kies ’n styl wat jou gesig sal raam (met ’n kuif of daarsonder) en jou beste gelaatstrekke sal beklemtoon, is haarstilis Gary Rom se raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Die LOB is vleiend

’n Bob of ’n LOB (lang bob) is universeel vleiend vir byna alle gesigvorme en figure. Dit werk vir dun hare, dik hare, krulhare en reguit hare, sê Elsa Kruger, skoonheidskrywer vir verskeie publikasies en www.mooipraaitjies.com. Gary Rom stem saam – die lang bob is steeds groot nuus onder oud en jonk. Ideaal vir vroue met fyner hare omdat dit jou hare voller laat lyk en boonop versag dit jou gelaatstrekke en dit laat jou nek langer lyk), wat ideaal is vir die ouer vrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bonus – hierdie styl vereis lae onderhoud en kan in verskeie maniere gestileer word: dra dit reguit, krul dit effens of steek dit vas.

3 Gaan vir grys

Moenie bang wees vir grys word nie. Pak die proses saam met jou haarstilis aan en dit kan ’n avontuurlike reis word, stel Elsa voor. Grys hare is vandag hoogmode en die jonger generasie spandeer baie geld om hul lokke die perfekte grys skakering te kry. Haarstilis Shelene sê die beste sal wees om jou hare uit te groei hoewel min dames kans sien om met ligte wortels en donker punte rond te loop. Daarom stel sy voor dat ligstrepies aangewend word om die proses te versnel totdat jou grys heeltemal uitgegroei het. Dit kan tot ’n jaar neem vir die grys om uit te groei. Die belangrikste is om seker te maak jou hare bly deur die proses gesond. Moet dit nie aanjaag nie, wees geduldig!

#rooirosewenk: Gebruik ’n pers sjampoe of opknapper om te verhoed dat jou hare geel lyk en om die silwer/grys kleur te behou.

4 Hou dit lank

Dit is bog dat ouer vroue nie lang hare kan hê nie. As jy mooi hare het en lang hare jou vlei, kan jy dit dra so lank as wat jy wil. Boonop steek langer hare die plooie in jou nek weg én dit beskerm die delikate nekvel teen sonskade, sê Elsa.

Gary Rom sê ook jy moet vergeet dat jy geleer is om op ’n sekere ouderdom jou hare af te knip. As jy geseën is met gesonde en voller hare, kan jy dit beslis in ’n langer sjiek styl dra.

Kyk net hoe pragtig lyk Julianne Moore se lang hare:

5 Knip ’n kuif

Wees slim en knip ’n kuif of sagte lae rondom jou gesig, dit is dit beste manier om op botoks te bespaar! Shelene sê ’n kuif steek die plooie op jou voorkop weg en hare rondom die gesig versag die plooie rondom jou oë. As jy nie ’n kuif wil waag nie, kam jou hare in ’n skuins kantpaadjie, nog ’n vleiende haarstyl wat jou ouderdom sal versag.

Aktrise Constance Zimmer se haarstyl is die perfekte voorbeeld:

Haarwenke vir ouer hare

Hidreer, hidreer, hidreer!

Net soos ons vel droër word met ouderdom, verdroog ons hare ook. Daarom is dit belangrik om hidrerende produkte te gebruik, stel Gary Rom voor. Kyk uit vir sjampoe, opknapper en maskers wat hidrasie gee. Probeer ook gerus ’n salon-behandeling wat intensiewe hidrasie bied.

#rooirosewenk: As jy voel jou hare benodig nog hidrasie, sluit ’n haar-olie by jou haarsorg-roetine in.

Hou die blink kant bo

Gebruik ’n stileerproduk wat jou hare glans gee. Ouer hare verloor vinnig glans, maar gelukkig is daar verskeie produkte wat jou hare kan laat blink. Elsa sê daar is niks meer jeugdig as ’n pragtige en goed versorgde haredos nie.

Beskerm teen hitte

Gebruik ’n produk wat jou hare teen hitte en omgewingsfaktore beskerm – dit sal verhoed dat jou hare enige ekstra vog verloor en boonop lyk jou hare meer gesond en voel sagter.

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

46 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.