kategorieë: Nuut & NouKos

5 goeie redes om Boschendal te besoek

1 Jy beleef ’n ware plaas-tot-tafel-ervaring

Die organiese groente-en-kruietuin van bykans vyf hektaar verskaf byna al die groente wat Die Werf-restaurant en Farm Shop & Deli op die landgoed benodig. Daar is vrylopende lê-hoenders en slaghoenders asook Angusbeeste wat alles op die spyskaart beskikbaar is. Hier sal jy vroegoggend reeds sjefs in die groentetuin raakloop, besig om hul proviand vir die dag te oes. Sjef Christiaan Campbell is net so betrokke by die daaglikse werking van die plaas as in die restaurante op Boschendal. Hy het nog groot planne vir die toekoms om nóg meer selfversorgend wees, soos om hul eie kaas en ham te maak …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Word geïnspireer!

Die pragtige groente-en-kruietuin sal jou inspireer om jou eie kostuin te begin. Koop sommer ook van die vars geplukte groente en kruie by die deli om saam te neem huis toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Die kinders kan rondhardloop

Boschendal is baie kindervriendelik. Daar is meer as genoeg spasie vir kinders om rond te hardloop en die tuine sorg vir ure se verkenningpret. Daar is selfs ’n ougat waterspeelparkie vir kleiner tjokkers, maar groter kinders sal ook die vars buitelug en staproetes geniet. Boschendal het gasheer gespeel vir die gewilde Cape Epic in 2016 en onlangs ook die Boshendal MTB Trials geopen. Pak die fietse in en ry een van die drie roetes (tussen 7 km en 18 km).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bring jou eie komberse en opvoustoele en geniet ’n luilekker middag onder die bome met een van die Werf se piekniekmandjies.

Pieknieks moet 24 uur voor die tyd bespreek word. (021) 8704272. R360 vir 2 volwassenes en R80 per kind, sonder drinkgoed.

4 Jy kan een van die beste ontbyte in die Boland geniet

Die Farmshop & Deli in die ou waenhuis is vroegoggend al oop. Hier kan jy smul aan heerlike warm koffie, gebak en ’n voortreflike ontbyt. Ontbyt word slegs van die plaasprodukte gemaak – vars eiers van die vrylopende hoenders, spek wat hulle self rook en tamaties uit die tuin! Oop vanaf 8:00 soggens. Bel (021) 870 4276 vir besprekings.

5 Jy kan knus in ’n kothuisie bly

Daar is ’n hele paar, keurig gerestoureerde, kothuise op die plaas waar jy vir ’n lekker wegbreeknaweek kan tuisgaan. Elke huisie het ’n kombuis en klein sitkamertjie met ’n kaggel. Bewonder die beeldskone uitsigte vanaf die stoepie en laat lewer sommer ontbyt-, middagete- en aandete-mandjies by jou kamer laat af.

Vir meer besonderhede besoek www.boschendal.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes   Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem.…

1 hour Gelede

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

2 hours Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

3 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

3 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

3 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.