kategorieë: OuerskapJou lewe

5 dinge wat jy kan doen om ouerskap en studies te balanseer

5 dinge wat jy kan doen om ouerskap en studies te balanseer. Inligting verskaf deur Tammy Oppenheim van The Independent Institute of Education.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Studie en ouerskap

Dis moeilik genoeg om ’n voltydse student te wees, maar as jy ’n gesin en beroep met verdere studie probeer versoen, kan dit voel of jy geblinddoek deur ’n doolhof hardloop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Maak seker jou behoeftes word in ag geneem

Kies ’n akademiese instelling wat jou behoeftes in ag neem. Oorweeg iets soos afstandonderrig en deeltydse studie. Lesings oor die naweek of aanlyn is ook ’n groot hulp. Kleiner instellings is soms meer plooibaar en bied dikwels individuele ondersteuning.

2 Kry hulp met die kinders en verantwoordelikhede

Maak seker jy het ’n noodplan vir die versorging van jou kinders wanneer jy byvoorbeeld vir eksamens leer, ’n taak moet voltooi, of eksamen skryf.

3 Praat met jou kinders daaroor

Wees eerlik met jou kinders sodat hulle verstaan hoekom jy nie altyd beskikbaar is nie. Verduidelik die langtermynvoordele van verdere studie.

4 Beplanning, beplanning, beplanning

As jy heeldag soos ’n hamster op ’n wiel hardloop om almal gelukkig te hou gaan jy nie oorleef nie. Beplan jou tyd versigtig en gee dan toegewyde aandag aan daardie afdeling.

5 Waak teen isolasie

Verdere studie kan jou oorweldig en isoleer. Kry morele ondersteuning by ander ouers in jou studiegroep wat jou situasie verstaan en dalk goeie raad kan gee. Soms het jy net ’n geduldige oor nodig om jou moed te gee.

Lees ook: Eksamentyd: Hoe betrokke moet ouers wees?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.