kategorieë: DekorLeefstyl

5 dekorflaters om te vermy

5 dekorflaters om te vermy Deur Cornel Dunn. Hooffoto iStock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fout 1: Te veel is te veel!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Miskien besit jy baie ornamente en bykomstighede wat jy met die jare bymekaargemaak het. Wees versigtig! ’n Kamer wat te vol is, sal ’n onrustige gevoel in jou vertrek skep. 

Kies een of twee gunsteling-stukke wat ’n impak op die vertrek sal laat en nie verlore sal raak tussen eindelose ornamente of bykomstighede nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Maak die meeste van klein spasies – ons heel beste raad

Fout 2: Wees versigtig vir te veel pasmaats

Net omdat die mure ’n sekere kleur is, beteken nie dat die kussings, dekens en ornamente ook moet wees nie. Moet nie alles laat pas nie. Dit is vervelig en leweloos. Gebruik ’n kontrasterende kleur vir beter effek. Byvoorbeeld, as jou mure ’n sagte grys geverf is, speel met geel of oranje as bykomende kleur vir jou vertrek.

Moet ook nie in jou eie styl verval nie. As die vertrek modern is, implementeer gerus ’n antieke stoel, bank of rustieke rame vir interessante komposisie.  Hierdie manier van stileer sal meer diepte aan die gevoel van die vertrek verleen.

Lees ook: 10 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n tuiskantoor skep

Fout 3: Jy skuif jou meubels teen die muur

Deur stoele weg van die muur in ’n groot vertrek te plaas, word die vertrek onmiddellik warmer en meer intiem. Ook ’n bank in ’n meer sentrale area van die vertrek word ’n fokuspunt en vertoon huisliker as wanneer dit teen die muur geskuif word.

Alhoewel dit logies klink om die kaste en banke teen die muur te skuif, verloor jy baie spasie in die middel van die kamer.  Deur meubels nader aan die middel van die vertrek te skuif, kan jy ’n fokuspunt van jou mure maak. Gebruik hierdie oop mure vir muurpapier, skilderye of ’n mooi wynrak.

Lees ook: Laat jou sitkamer skitter in juweelkleure

Fout 4: Al die mure is wit

Alhoewel wit die mees algemene keuse vir mure is, is die keuses eintlik legio.

Sagte groen of geel helder ’n spasie op.

Indien jy wil waag met ’n donker kleur of muurpapier, kies slegs een muur – veral as die vertrek nie groot is nie.

Lees ook: Kry weer woema in die winter

Fout 5: Jy volg trends slaafs na

Net omdat ’n sekere neiging nou hoogmode is, beteken dit nie dat dit by jou spasie sal pas nie.  Gebruik hierdie tendense in kleiner maat in jou huis.

Jy wil hê dat jou dekor tydloos en uniek moet wees en nie net vir een seisoen sal hou nie.

Lees ook: Kry die seestyl in jou huis!

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

6 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

7 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

7 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

9 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

11 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.