kategorieë: OuerskapJou lewe

5 Babareekse vir nuwe mammas

5 Babareekse vir nuwe mammas deur Anélle Tewson.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pure Peginnings Organic Baby

Dit kan moeilik wees om ’n eko-baba te hê, maar Pure Beginnings het die harde werk vir jou gedoen. Hulle maak dit moontlik om terselfdertyd vir jou gesin en die natuur te sorg.

Hierdie gesenkpak is die perfekte stel om mee te begin, met ’n 100 ml babawas en sjampoe, 100 ml babaroom, en 50 ml bababoudjieroom. Nog meer, hulle is kosmeties gesertifiseer as natuurlik en organies deur Ecocert Greenlife volgens die Ecocert Standard.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

R119.95 per stel. Daar is ook die Organic Kids reeks vir wanneer baba grootword. Lees meer by purebeginnings.co.za

Lees ook: 8 Maklike dinge wat jy kan doen om jou kind “groen” groot te maak

Childs Farm

Childs Farm glo dat elke kind gemaklik in sy vel moet voel, vanaf normaal, sensitief en vir velletjies wat vatbaar is vir ekseem. Al die produkte is dermatologies en deur pediaters goedgekeur, so daar is geen rede vir bekommernisse nie. Hulle het ook baie prettige opsies vir kinders wat ’n bietjie ouer is.

Kyk net hoe oulik is die verpakking! Vanaf R79.99 per bottel, beskikbaar by Clicks, Baby City, Pick n Pay en takealot. Lees meer by childsfarm.com

Lees ook: Kies die regte kleuterskool vir jou kind

Chicco Baby Moments

Chicco Baby Moments het alles wat jou nuwe baba gaan nodig hê, van babaseep, haarborsels, naelknippers, termometers tot tandepasta. Hulle werk saam met medies-wetenskaplikes, dagsorgwerkers en pediaters, en versamel konstant data van ma’s, pa’s en kinders self om te sorg vir die behoeftes van ouers en kinders.

Pryse begin by R29. Lees meer by chicco.co.za

Lees ook: Goed genoeg: Wat jy kan doen oor gevoelens van minderwaardigheid

Moogoo

Moogoo spesialiseer in natuurlike oplossings vir velprobleme soos allergieë en sensitiewe vel. Met ’n groot gesinsfokus het hulle produkte ontwikkel soos strelende room wat neutolie-vry is, room vir mammas wat borsvoed en room vir kopvelprobleme.

Die Baby Travel Pack (R375) bevat die essensiële babaprodukte in ’n mooi sakkie sodat jy dit oral kan saamneem. Vir meer inligting kyk by moogoo.co.za.

Lees ook: Reis só met jou baba

Lansinoh

Lansinoh is jou vennoot wanneer dit kom by babavoeding. Hulle het ’n uitgebreide reeks produkte vanaf borspompies tot melkbottels.

Die HPA® Lanolin (R94.95 vir 10ml) is perfek vir tepels wat seer is as gevolg van borsvoeding, en is veilig vir baba so dit hoef nie afgevee te word voor drinktyd nie. 93% Van mammas het dieselfde dag al verligting gekry.

Kry ook baie wenke op hulle webwerf lansinoh.org.za.

Lees ook: My storie: Nageboorte-depressie is ’n werklikheid

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.