kategorieë: WenkeMode

5 alternatiewe handsakwenke

1 Stoorplek teen jou muur

Versier jou muur met sentimentele waarde waar jy ou handsakke strategies hang om items soos geskenkpapierrolle, linte en tydskrifte te stoor. Nie net skep dit meer beweegspasie nie, maar dit kikker jou vertrek op met ’n verpersoonlike gevoel. Die mooiheid hiervan is dat die handsakke juis verskillend is en ’n kunstige element na vore bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 ’n Nuwe potplant

Hoewel die plant steeds in ’n pot moet wees, is veral strooihandsakke koddige plantomhulsles. Afhangende van die plant en handsak wat jy gebruik, kan jy dit afwissel deur sekere plante te laat hang en ander teen die muur te rangskik. Vintage handsakke om blompotte en -vase gee ’n antieke geelhout- of imbuia-tafel nuwe lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Strandsakke

’n Groot tote-sak sal goed werk vir hierdie wenk, omdat jy jou handoek daarin kan pas. Die meeste handsakke het ook basiese kompartemente waarin jy jou foon of sleutels kan stoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Skoensak

Is jy moeg daarvoor dat jou hakskoene of tekkies die klere in jou tas platdruk? Niks wat ’n ou handsak nie kan red nie! Hierdie wenk werk veral goed vir ’n vinnige naweek-wegbreek. Kies ’n handsak met struktuur, sodat jou skoene nie ook daarin platgedruk word nie. Handsakke met afskortings werk die beste om jou skoene te skei en sodoende skoner te hou. Boonop is daar dalk ’n ingeboude sakkie wat eens op ’n tyd jou selfoon gestoor het, maar waarin jy nou ’n klein skoonmaakborseltjie vir noodgevalle kan hou.

5 Wees minder vol draadwerk …

Stoorplek vir drade, oorfone en laaiers laat jou gesig op ’n frons trek net deur daaraan te dink. Met behulp van ’n klein palmsakkie kan jy alle draadgereedskap moeiteloos stoor. Boonop beskerm dit jou oorfone en ander delikate apparate teen ’n verdrukte tas.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

6 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

7 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

8 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

10 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.