01 – 03 April
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Gauteng, Oos-Kaap en Wes-Kaap
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Vanjaar sien die derde instelling van #Imagine Experience – ’n Christelike tienerkamp wat tegelykertyd in drie verskillende dele van die land plaasvind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die 2016 #Imagine Experience sal vanaf 1 tot 3 April in Gauteng, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap gehou word waartydens dieselfde program oor al drie kampe gehandhaaf gaan word. Die doel van dié ervaring is om tieners en jeugleiers deur die gebruik van gesprekke, godsdiens, multi-media, werkswinkels en verskeie ander aktiwiteite die wonder van Christenskap te laat ervaar. Boonop sal al drie Experiences ook via sosiale media en video-uitsendings met mekaar skakel!
Registrasie kan aanlyn via die #Imagine-webtuiste gedoen word. Klik hier.
Pryse beloop R400 per tiener en R500 vir groepleiers en vrywilligers.
Afslagkoepons is ook beskikbaar vir groepbesprekings.
14-15 April
Die V&A Waterfront – Kaapstad, Wes-Kaap
Afrika se grootste bymekaarkomplek vir studente en ouers!
Die Studente-ekspo is die enigste ekspo wat op studente, matrikulante, gegradueerdes en ouers fokus. Die ekspo bied ’n 360-grade uitsig oor studentelewe, terwyl die belangrikste aspekte gedek word deur organisasies op die gebied van tersiêre opleiding, finansiële opleiding, vervoer, verblyf, vaardigheidsontwikkeling en ander opleiding.
Hierdie ekspo is ontwerp om vir huidige, asook voornemende studente die nodige kennis te gee om goeie, ingeligte besluite oor hul loopbane en opleiding te maak, terwyl dit ook poog om studente na ’n gepaste loopbaan te lei.
Die ekspo is op meer as 1 000 private en regeringskole, asook verskeie universiteite gemik en dek allerlei studierigtings van medies tot die kulinêre kunste.
Dit is veral voordeling vir hoërskoolkinders wat nog nie ’n keuse gemaak het rondom ‘n studierigting of ander loopbaankeuses oorweeg het nie.
29 April – 02 Mei
Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum, Kaapstad, Wes-Kaap
Besoekers aan vanjaar se Decorex-ekspo kan uitsien na ‘n omvattende uitstalling van die jongste dekor- en ontwerp tendense, asook produkte en dienste wat tans op die mark beskikbaar is.
Met die tema “Take it Home. Make it Home” beloof dié ekspo om tonne inspirasie en idees vir regoor die huis te bied. Hier sal elke aspek van huisregmaak- en versier gedek word danksy die verskeie uitstallings en kenners wat hier bymekaar gaan kom.
Hierdie jaar het die ekspo ook ’n nuwe toevoeging, die Dekor en Doen-Dit-Self Verhoog, waar ’n reeks praatjies en interaktiewe raadgewersessies gehou gaan word. Daar gaan ook ’n Kuns en Skep-mark wees waar besoekers aan kunsbier kan teug terwyl hulle deur die verskeidenheid handgemaakte leefstylprodukte kyk.
Kosliefhebbers sal ook gaande wees oor die verskeie kafees, restaurante en ander kulinêre ervarings wat aangebied gaan word.
Wanneer: 29 April – 2 Mei (Let Wel: 29 April is ’n markdag)
Tyd: 10:00 – 19:00 (Maandae van 10:00 – 18:00)
Kaartjies: R85 per volwassene, R75 vir pensionarisse en studente, asook besoekers op 29 April, R20 vir kinders onder 12 jaar.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.