Hooffoto: Leana Clunies-Ross. Video: Iain Rennie. Video-onderhoud: Michelle Nortje
Simoné Nortmann, wat in fliekgangers se harte gekruip het met haar skitterende vertolking in die loket-treffer ‘Vir die Voëls’, is vanjaar terug op die silwerdoek in nie een nie, maar twee flieks. Onthou gerus haar naam, want van haar gaan jy nog baie hoor.
Ilse Salzwedel gesels in die April 2018-uitgawe van rooi rose met dié sprankelende jong aktrise oor toneelspel en die spesiale man in haar lewe …
“Ek het van kleins af gedroom oor ’n man wat my laat lag en met wie ek deurnag kan gesels. Andries het my geken nog voor ek bekend was, en hy behandel my spesiaal omdat ek Simoné is – nie omdat ek bekend is nie. Hy probeer my ook altyd beskerm teen mense met ’n agenda, en ek leer baie by hom.”
Lees die volledige onderhoud op bl. 14 van die April 2018-uitgawe van rooi rose.
Video: #41vrae aan Simoné Nortmann
cover starlocal celebsinterviewons bekendesonderhoudsouth african actresscelebsvideorooi rose voorbladvrouafrikaanse aktrise