Hanna Grobler is een van daardie mense wat jou onmiddellik betower. Haar persoonlikheid vul ’n vertrek en mens kom vinnig agter dat haar vriendelikheid opreg is. Tydens Hanna se voorbladfotosessie vir die November 2017-uitgawe van rooi rose, het ons met haar gesels en 41 vinnige vrae vir haar gevra. Kyk hieronder na die video en vind onder meer uit wat haar en manlief, Bok van Blerk, se seuntjie laat slaap …
Sien ook: Agter die skerms met Hanna Grobler
Die November 2017-uitgawe van rooi rose is nou op die rakke.