kategorieë: Leefstyl

4 eko-wenke vir ’n goedkoper winterhuis

Bespaar geld tydens die koue wintermaande. Hier is vier slim eko-wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wenk 1

Vervang en skakel af
Vervang alle gloeilampe met LED- of langlewe-gloeilampe. Skakel ligte, muurproppe en veral selfoonlaaiers af wanneer jy dit nie gebruik nie. Gebruik multi-propverlengkabels, maar skakel dit af wanneer jy werk toe gaan. Hierdie paar dinge kan jou elektrisiteitsverbruik by die huis met 15% sny.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenk 2

Belê in ’n gasstoof
’n Tweeplaatgasstoof kos slegs R400 en is noodsaaklik tydens beurtkrag. Voedsel word ook vinniger gaar en dit bespaar elektrisiteit aangesien die stoof en die geiser die twee toestelle is wat die meeste elektrisiteit gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenk 3

Draai dit een graad af
Dis duur om sonkrag te installeer, en daarom is dit makliker om jou geiser een graad laer te stel en dit in die middel van die dag af te skakel. Net dit kan jou al R100 per week aan elektrisiteit bespaar. Of gaan een stap verder en kontak jou plaaslike munisipaliteit om meer uit te vind oor geiserkomberse en tydskakelaars.

Wenk 4

Kry ’n droër
Dit is baie duur wanneer ’n mens in die winter jou wasgoed was en ’n tuimeldroër gebruik. Gebruik dus liewer ’n droër soos Spindel.  Dit is ’n innoverende droër wat spinkrag in plaas van hitte gebruik om tot 80% van die oorblywende vog binne net drie minute uit klere te verwyder. Wasgoed word vinniger droog en dit gebruik 100 keer minder elektrisiteit as ’n tuimeldroër. Spindel is ook veilig vir alle soorte materiaal (van wol tot items wat met die hand gewas word.)

Vir meer besonderhede oor Spindel, klik hier.

Lees ook: Kry meer uit jou brandstoftenk

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

7 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

17 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.