kategorieë: OuerskapJou lewe

4 wenke om bednatmaak te help bestuur

Op 29 Mei 2018 fokus ons op Wêreld Enurese-bewustheidsdag, ’n dag waarop bewustheid oor hierdie toestand onder die publiek en professionele gesondheidswerkers gekweek word. Het jy byvoorbeeld geweet dat meer as 18% van kinders vyf jaar en ouer steeds die bed natmaak?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Enurese (die onwillekeurige afskeiding van urine ná die ouderdom waarop ’n kind se blaaskontrole al gevestig moes wees) kan veroorsaak dat kinders selfbewus of kwesbaar voel – veral wanneer hulle nie by die huis slaap nie. Daar is egter stappe wat jy kan neem wat kan help om jou kind se bednatmakery te beheer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eerstens is dit belangrik om te onthou dat enurese nie jou kind se skuld is nie en dat dit verskillende oorsake kan hê en selfs oorerflik kan wees. Dit is ook gewoonlik ’n stadium wat jou kind sal ontgroei. Om dus jou kind te straf of om met hulle te raas omdat hulle die bed natmaak sal nie help nie, en kan dit selfs vererger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is vier stappe wat kan help om enurese te bestuur, deur Dr. Michael Mol, die handelsnaamambassadeur vir DryNites®-pajamabroeke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beperk die hoeveelheid vloeistof wat hulle in die aand drink

Probeer om jou kind daaraan gewoond te maak om op te hou om enigiets te drink twee ure voordat hulle bed toe gaan. Laat hulle eerder die grootste hoeveelheid van hul vloeistowwe deur die dag drink sodat hulle nie in die aand dors kry nie.

Praat hulle moed in

Praat jou kind moed in en spoor hulle aan om nie verleë of ongemaklik te voel nie. Een manier hoe julle dit kan doen is om elke aand wat hulle nie ’n ongeluk het nie, aan te teken. Dan kan jy en jou kind sien hoe hy vorder en ook sien of daar faktore is wat dit beïnvloed. Dit is goeie inligting om saam met jou dokter toe te neem indien julle een wil spreek. Jou kind sal ook ekstra selfvertroue hê wanneer hy sien dat hy party aande droog bly.

Spreek ’n dokter

Indien jou kind se enurese jou bekommer, kan jy ’n dokter gaan spreek. Daar is verskillende soorte dokters en spesialiste wat jou kan help om dit te hanteer en hierdie spesialiste kan ook vir jou relevante advies gee aangaande jou en jou kind se behoeftes. Hierdie spesialiste sluit in Algemene Praktisyns (wat jou na ander spesialiste kan verwys), Pediaters en Pediatriese Uroloë.

DryNights®-pajamabroeke

DryNites®-pajamabroeke is nog ’n goeie opsie wat jy kan probeer om jou kind (en hulle bed) droog te hou gedurende die aand en hulle sodoende deur die bednatmaakfase te help. Hierdie broeke is beskikbaar vir meisies en seuns en is beskikbaar in verskillende groottes: 4-7 jaar en 8-15 jaar. Hierdie weggooibare pajamabroeke is ouderdomsgeskik, super absorberend en gemaklik. Hulle gee die ekstra beskerming wat nodig is en sal ook jou kind gemoedsrus gee – veral wanneer hulle, byvoorbeeld, by iemand oorslaap.

Vir meer inligting oor DryNites®-pajamabroeke, om Dr Mol ’n persoonlike vraag te vra, of om ’n gratis toetsmonster aan te vra, besoek www.drynites.co.za. DryNites®-pajamabroeke is tans landwyd beskikbaar by uitgesoekte handelaars en aanlyn by www.takealot.com.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: parenting

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

3 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

12 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

1 day Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

1 day Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

1 day Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.