Geskenk-idees vir elke begroting
Maar ons bly bekommerd oor die Pil en kanker. Navorsing wat verlede jaar deur die Universiteit van Washington gepubliseer is, wys een uit elke 173 vroue ontwikkel borskanker voor sy veertig is, en daar is ’n klein bietjie meer estrogeensensitiewe kankers as nie-estrogeensensitiewe kankers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Met ander woorde, hierdie een vrou is vrugbaar én moet waarskynlik voorbehoeding sonder estrogeen, soos die Pil, gebruik. Die risiko is eintlik onbeduidend min maar na kanker wil niemand kanse waag nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Gestel dit is jý? Wat doen jy? Is alle soorte voorbehoeding dan nie maar op hormone gebaseer nie? Ja en nee. Jy het vier goeie opsies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Terloops, as nabye bloedfamilie met bors-, eierstok- of estrogeensensitiewe kanker gediagnoseer is, kan jy gerus ook oorskakel na hormoonvrye voorbehoeding.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hierdie ou, goed gevestigde tegniek werk as ’n noodplan maar is nie so betroubaar nie. Skakel dus oor na een van die langtermynopsies wat almal veilig ten opsigte van babas en kanker is.
Dit is permanent en ’n roep as jy beslis nie meer kinders wil hê nie – of dalk nie weer durf hê omdat jou behandeling teratogenies is (geboorte-afwykings kan veroorsaak).
Dit word deesdae histeroskopies gedoen – sommer in die spreekkamer. Dit voel soos ’n gewone ginekologiese ondersoek. Jou dokter plaas ’n baie klein ‘proppie’ in die buise van Fallopius, waarna hulle toegroei sodat ova nie meer tot in die baarmoeder kan beweeg nie.
Die voordele? Dit is baie doeltreffend en goedkoop, met geen hospitaalkoste soos die ouer sterilisasietegnieke nie. Dit is veral gerieflik as jy nog ver van die menopouse is.
Na al die jare bly dié intra-uteriene toestel ’n staatmaker. Dit werk op die beginsel dat koper ’n kragtige spermdoder is en so voorkom dat jy swanger kan raak. Dit is geskik vir almal. Party vroue menstrueer ’n bietjie swaarder. Dit hou jou vyf na tien jaar veilig.
Implanon, die nuwe velinplanting, is waarskynlik veilig na kanker. Waar die Pil estrogeen en progesteroon kombineer, gebruik hierdie een net progesteroon.
Dit is gerieflik vir veral jonger en ouer vroue: Vir die jonger vroue wat nog wil swanger raak is die voordeel dat die Implanon net so maklik uitgehaal word as wat dit ingesit word, en vrugbaarheid binne weke herstel. Vir ouer vroue wat net iets soek om hulle te beskerm tot die menopouse begin is die voordeel dat dit net sowat drie jaar werk.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.