4 simptome wat dalk op hepatitis dui deur Salomé Delport. Hooffoto: pexels
Hoe lyk hepatitis?
Volgens dr Wendy Spearman het 2,5 miljoen Suid-Afrikaners hepatitis in een of ander vorm. Die meeste mense herstel binne twee tot ses maande van hierdie lewersiekte maar party doen permanente lewerskade op.
4 simptome wat dalk op hepatitis dui
As jy hierdie tekens het gaan dokter toe:
- Die wit van jou oë is selfs net effens geel.
- Jy het in die vorige week of twee ’n “verkoue” gehad, wat jou besonder moeg gemaak het, met erge hoofpyn, gewrigspyn en koors.
- Jy voel naar, word naar en wil nie eet nie.
- As jy op die regterbokant van jou buik druk, is dit seer.
Onthou, gesels altyd eers met jou dokter voordat jy jouself diagnoseer of medikeer.
Vir nog gesondheidsinligting en -wenke, loer hier