kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vier selfdoenplanne vir verkoue

1 Maak dit ’n duvet-dag … of drie

Rus is al wat jou lyf nodig het om met die meeste verkoues en griepsoorte klaar te speel. Vloeistof ook, om alles te vervang wat jy deur nies en sweet verloor. Maak ’n fles heuning- of rooibostee en laat iemand vir julle tuisgemaakte sop aandra – of koop Woolworths s’n. Haal ekstra kussings uit die linnekas, trek jou rooi rose nader … en rus tot dit oor is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wenke
• Vars lug is goed maar moenie in ’n trek sit nie.
• Trek so aan dat jy nie te koud of te warm kry nie.
• ’n Serp is heerlike troos vir ’n seer keel.
• Snesies is beter as sakdoeke mits jy hulle dadelik weggooi, voor jou huismense aansteek. Hou ’n plastieksak byderhand daarvoor. (Wie gaan jou bederf as hulle ewe siek is?)
• Jou hande is ware kiemtaxi’s. Hoe minder jy aan jou gesig vat, hoe minder kan hulle “opklim” en via jou hande die huis vol versprei. Dit help om jou hande kort-kort te was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Keer so wat jy kan

Dit lyk tog of kruie en immuniteitbouers help. Maar die kenners sê dit help net as jy dadelik begin sodra daardie eerste nies en tam gevoel toeslaan. Hou altyd immuniteitbouers byderhand, met al die aanvullers wat teen virusse kan help; kruie en middels soos Echinacea, Propolis en Linctagon; en aanvullers soos vitamien C en sink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenke
• Kyk na die konsentrasie van die aktiewe bestanddeel. In hierdie geval is meer wel beter.
• Jy kan nou tot 1 000 mg vitamien C per dag gebruik, maar lees jou liggaam se reaksie reg: as jy diarree kry, is jou dosis te hoog.
• Die meeste van hierdie middels moet liewer in klein, gereelde dosisse geneem word as een groot dosis een keer per dag. Drink byvoorbeeld liewer deur die dag al om die twee uur een vitamien C-pil van 100 mg as om een 1 000 mg-pil met slaaptyd af te sluk.

3 Dokter dit reg

Vir koors en lyfseer, begin met ’n kombinasiemiddel wat die algemene simptome verlig, soos Advil CS of Corenza C. Vir daardie teer, rooi neus en bolip wend van die eerste nies af ’n skermroom aan. Bababoudjieroom werk goed, soos Bepanthen of Vaseline.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke
• Vir ’n loopneus probeer Advil CS, Sudafed of Gripon.
• Vir ’n toe neus probeer ’n ontstumiddel soos Iliadin as jou neus toegeswel is. Maar moenie Iliadin langer as vyf dae gebruik nie, want dit kan jou neusgange op die lange duur selfs meer laat toeswel. As jou neus toe is omdat taai neusslym nie kan wegdreineer nie, is ’n slymverdunner soos ACC beter.
• Vir ’n droë hoes met ’n postnasale drup, is Corbar, Phensedyl of Medifed goed. As jy geen postnasale drup het nie, probeer Pholtex, NitePax, Dilinct Dry of Benylin DM.
• Vir ’n nat hoes gebruik ’n ekspektorant soos Solphyllex, DPH, Muco-spect, Bisolvon Linctus of Dilinct.
• Vir ’n seer keel kan jy met Betadine-mondspoel of soutwater (’n teelepel op ’n liter gekookte, afgekoelde water) gorrel. Maar ’n suigtablet of spuitmiddel reik dieper in jou keel en verlig die seer beter. Medikeel verdoof baie doeltreffend en is as spuitmiddel en suig-tablette beskikbaar. Andolex is nog ’n opsie.
• Vir toegeslane ore werk ’n opdroogmiddel soos Demazin of Actifed die beste.

4 Druk deur

Party mense dink hulle is so taai dat hulle verkoues kan weg wérk. Maar wees versigtig hiervoor. Daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis.

Maar elke vrou het dae dat rus en tuisbly net nie ’n opsie is nie. Maak jou pas nogtans rustiger. Al die deurdra-middels bevat groot dosisse kafeïen of guarien wat ’n soort kafeïen is, soos Bioplus, Turbovite, Berocca Booster en Clicks Energy Syrup. En maak jou reg vir ’n besonder diep daling in jou energie sodra die kafeïen uitgewerk is.

Waar om lig te loop

Kodeïen kan jou hardlywig maak – vermy dit as jy reeds sukkel. Dit het ook ‘n baie werklike verslawingspotensiaal. Moenie dit aanhou as jy of iemand in die huis dwelms gebruik of gebruik het nie. Bekende middels hiermee: Benylin.
Pseudoefedrien is nie vir mense met hartprobleme, hoë bloeddruk of diabetes nie. Dit is nou ’n skedule 6-middel maar word steeds in lae dosisse in algemene verkouemiddels gebruik. Bekende middels hiermee: Advil CS.

Dis tyd vir die dokter as jy

• swaar asemhaal
• ’n hoë koors het
• oorpyn het
• pyn oor jou sinusse het

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.