kategorieë: Leef gesondGesondheid

4 redes vir sakkies onder jou oë

Deur Salomé Delport. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sakkies onder die oog is …. wel, onooglik. Wat veroorsaak hierdie pofferigheid? Hier is vier van die algemeenste redes vir pofferige oë, met oplossings en maklike selfhelp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het vet onder jou oë

Nie net vet mense ontwikkel vetsakkies wat op jou wangbeen wil-wil rus nie. Dit kan met enigiemand gebeur, veral as ons ouer raak.

Die rede
Elke oogbal is gekussing in ’n sagte vetlagie om dit teen impakbeserings te beskerm. By party van ons “lek” hierdie vet mettertyd uit, omdat die kollageen- en elastienstruktuur van die vel onder jou oog dunner is en makliker verrek as die velstruktuur van jou wang net onder die oog. Daar is min wat die oogvel stewig hou, en dus versamel die vetlagie as sakkies onder die oog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat kan jy daaraan doen?
Plastiese chirurgie is die beste langtermyn oplossing vir sakkies onder die oog, al is dit aanvanklik duurder as rome, lasers en so meer.

Jy het ptose

Jou boonste ooglid hang oor jou oog, sodat jou oë amper toe lyk. Hangende ooglede kan so hinderlik wees dat mense nie behoorlik kan sien waar om te bestuur of lees nie.

Die redes vir hangende ooglede
Daar is baie redes hiervoor, soos:

Jou ouderdom: Namate ons verouder, verrek die ligamente in ons ooglidspiere sodat hulle oor jou oog bly hang en jou verhinder om lekker te sien, veral as jy moet opkyk.

Skade aan die oogspiere en/of senuwees: Die sleutelleidraad hier is, hoe skielik het dit gebeur? As jou ooglid skielik sak laat ’n dokter kyk daarna. Dit kan veroorsaak word deur toestande soos miasthenia gravis en enige iets wat die senuwees na die ooglid of die spiere van die ooglid aantas.

Jou medisyne: Sekere medikasies, onder andere die opioïed-pynmiddels, veroorsaak sakkies onder die oë. Dit kan ’n teken wees dat jy te veel pynpille gebruik. Gesels met jou dokter, voor jy verdere skade aanrig.

Wat is die beste raad vir ooglede wat toesak?
As dit binne ’n paar dae of weke gebeur, laat jou dokter daarna kyk. As dit oor jare ontwikkel, is dit waarskynlik net ’n teken dat jy verouder. Gelukkig is daar raad vir hierdie een: plastiese chirurgie stel dit maklik reg. En as jy dit kan motiveer sal jou mediese fonds baie moontlik daarvoor betaal.

Sout as oorsaak vir sakkies onder die oog

Wat ons eet beïnvloed selfs ons oë en sout is een van die items wat ons oë onverwags erg kan aantas.

Die rede?
Die gedeelte om jou oog is baie sensitief vir waterterughouding. As jy weggelê het aan soutryke soesji, soja en soortgelyke souterige kosse, kan jy die volgende dag sakkies onder die oog verwag.

Hoe om pofferigheid om jou oë weg te neem – en gou ook
Sout as rede vir sakkies onder jou oë klaar gelukkig baie maklik vanself op. Drink oor die volgende paar uur kort-kort water om die sout te help uitspoel.

As jy egter baie maklik sakkies om jou oë kry en jy vermoed dit het met souterige kos te doen, kan jy gerus jou dokter vra om na jou niere te kyk.

Jou hart is aangetas

As jou oë pofferig is, jou voete swel en jy boonop altyd moeg is, kan sakkies onder die oog ’n teken wees dat jou bloedsomloopstelsel op een of ander manier aangetas is. Gaan vir ’n behoorlike hartondersoek.

Hartprobleme as oorsaak van sakkies onder jou oë is ernstiger. Gewoonlik ontwikkel dit oor jare. Moenie sakkies onder jou oë ignoreer as dit met swelling van jou voete en hande gepaard gaan nie.

Lees ook: Lyk minder moeg

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

21 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

21 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.