kategorieë: Leef gesondGesondheid

4 redes hoekom jy jou kind teen masels moet vaksineer

4 redes hoekom jy jou kind teen masels moet vaksineer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vaksineer tog maar

Bang om jou kind teen masels te vaksineer? Lees hier:

Masels is van die aansteeklikste siektes op aarde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die virus versprei in die lug. Jy kan dit inasem as iemand met masels naby jou hoes of nies. En nog erger: die virus oorleef tot twee uur lank in ’n vertrek waar iemand met masels was.

Lees ook: Vaksinering – moet jy of moet jy nie?

1. Daar is geen medikasie nie

As jou kind eers siek is, is hy op sy eie. Ons het al vergeet hoe ernstig masels is. Voor 1960 het sowat 2,6 miljoen kinders per jaar daaraan gesterf. Daarby veroorsaak dit té dikwels breinskade, blindheid en doofheid.

Lees ook: Heroorweeg jy die vaksien teen masels? Dink weer …

2. Ons kan nie op tropimmuniteit staatmaak nie

As 95% van kinders geïmmuniseer is, is die kans op masels so klein dat dit vir alle praktiese doeleindes nie gebeur nie.

Maar dit bestaan nie in Suid-Afrika nie, om twee redes: afgeleë gebiede sonder klinieke; en klinieke sonder vaksien. Ons haal dus nie die 95% vaksineringskoers nie, en behou aktiewe kernbronne van die maselvirus. In 2017 was daar drie uitbrake met 6 256 siek kinders.

Lees ook: Die 5 inentings wat jy as volwassenes moet kry

3. Vals versus goeie navorsing

Andrew Wakefield, die man wat “bewys” het dat masels outisme veroorsaak, het sy teorie op net twaalf geselekteerde pasiënte gegrond. Sy ondersoek is later uitgegooi.

Daarteenoor het dosyne opvolgondersoeke op ’n paar miljoen kinders géén verband tussen die MMR-vaksien en outisme gekry nie.

Die jongste is in Maart 2019 gepubliseer, op 657 461 Deense kinders. Wakefield se navorsing het ons ten beste bedag gemaak op veilige vaksiene maar dit bly ’n leuen.

4. Antivaksinering is ’n identiteitsimbool

Dit is een ding om nie toegang tot die maselvaksien te hê nie, en ’n ander saak om aktief daarteen te kies. ’n Groot groep van ons is eerder onseker omdat ons verwarrende boodskappe hoor. As jy die beste vir jou kinders wil hê en nie seker is of jy jou dokter of Jessica Biel en Jim Carrey moet glo nie, raadpleeg dan die beste bronne, soos erkende navorsing op PubMed, Health Canada en ons eie NICD, eerder as dié mense wat op Andrew Wakefield se twaalf gevalle as hul bron staatmaak. Dit is so dat antivaksinering trendy onder sekere groepe jong ma’s is. Lees eerder na, as wat ’n klein, eensydige groep ten koste van jou kind vir jou dikteer.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.