Sitkamer met tropiese muurpapier
4 Maniere om nou blommotiewe in jou huis te gebruik deur Elandrè Swart. Hooffoto: KatarzynaBialasiewicz/istock photos
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }As jy al ooit The Devil Wears Prada gekyk het, sal jy Meryl Streep se karakter, Miranda Priestly, se bekende (sarkastiese) aanmerking onthou: “Florals? For spring? Groundbreaking.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
En dis waar, blomme is jaar in en jaar uit ’n klassieke motief, beide in mode én in dekor. Maar elke jaar gebruik ons blomme anders in ons huise, en dis belangrik om bewus te wees van daardie jaar se neigings om jou dekor op hoogte te hou met die nuutste en varsste tendense.
Hier is vier maniere hoe ons in 2019 blommotiewe omhels.
Tropies is die nuwe blomtendens wat almal móét omhels.
Eksotiese plante, soos palmbome en oerwoudpatrone, is dié somer die grootste dekorneiging. Ons het die heel beste produkte gevind hoe jy hierdie tendens kan omhels.
Selfs minimaliste kan blommotiewe omhels sonder om hul styl prys te gee! Die blomtendens kan geïnkorporeer word deur plante soos orgideë, bonsai of selfs ’n vetplant strategies in enige vertrek te plaas.
Vinielplakkers teen die muur skep ’n fokuspunt sonder om van die minimalistiese styl weg te beweeg.
’n Eenvoudige patroontafeldoek soos dié van Skinny la Minx is ook ’n goeie opsie vir diegene wat nie hul algehele voorkoms wil prysgee vir blomme nie.
Om ’n blompatroon in ’n donker skakering te kies, soos hierdie muurpapier van Robin Sprong, gee dadelik ’n moderne kinkel aan ’n klassieke patroon.
Blomme en die Boheemse styl gaan hand aan hand. Kies helder kleure soos rooi, oranje en blou om hierdie tendens ten volle te omhels.
#rrWenk: Die Boheemse styl kan soms ’n bietjie oorweldigend wees, en as jy onseker is oor hoe om die styl te inkorporeer, dink liewer aan kleiner dekoritems soos borde en strooikussings.
Hertex |hertex.co.za
Zara Home |zarahome.com
House of Sofia |houseofsofia.co.za
Love Milo | lovemilo.com
Skinny LaMinx |skinnylaminx.com
Robin Sprong |robinsprong.com
Coricraft |coricraft.co.za
Yuppiechef |yuppiechef.com
Wallpaper Inn |wallpaperinn.co.za
Mr Price Home |mrphome.com
Sticky Things | stickythings.co.za
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.