Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) gebruik hierdie dag van bewustheid om die algemene mites oor kanker te beklemtoon en te verduidelik.
Volgens die voorsitter van KANSA, Sue Janse van Rensburg, vind 14 miljoen mense in Suid-Afrika jaarliks uit hulle het kanker. Dit beteken 1 uit elke 4 mense word daardeur beïnvloed. Die organisasie fokus vanjaar op vier algemene kanker-mites, naamlik:
1. Ons hoef nie oor kanker te praat nie.
2. Daar is geen simptome of tekens van kanker nie.
3. Daar is niks wat ek aan kanker kan doen nie.
4. Ek het geen reg op kankersorg nie.
Vir meer inligting oor hierdie simptome, besoek KANSA se webblad hier.