4 dinge waarna jy moet kyk voor jy vakansie hou deur Anet Schoeman
Wees vakansieparaat
Moenie kort voor jul beplande vakansie met voertuigkwessies sukkel nie. Hier is 4 dinge waarna jy moet kyk voor jy vakansie hou:
Lees ook: 8 pakwenke vir jou vakansie
1. Begin vroegtydig
Kyk vroegtydig wanneer jou voertuig versien moet word sodat jy nie sukkel as jy inderhaas ’n afspraak probeer kry nie.
Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n nuwe kar koop
2. Bande is die belangrikste
Bande is die heel belangrikste veiligheidsaspek aan jou voertuig. Maak seker daar is geen bulte of skade nie en dat daar genoeg ryvlak oor is. Jy speel met jou en jou gesin se lewe met afgeloopte bande.
Lees ook: Pasop vir seinblokkers, of jamming
3. Maak seker dis silwerskoon
Maak seker die binneruim van jou voertuig is silwerskoon. Nie net is dit veel aangenamer nie, maar ’n los koeldrankblikkie of bal wat onder jou voet inrol terwyl jy bestuur, kan ’n ongeluk veroorsaak.
Lees ook: 2 dinge wat jy moet onthou oor grensposte
4. Toets hierdie parte
Toets of die ligte werk en ruitveërs nog doeltreffend is. Verweerde ruitveërs kan lewensgevaarlik in ’n storm wees.
Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland
Lees ook: 6 maniere om gemakliker te reis