4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees deur Mariette Snyman. Hooffoto: Unsplash
1 Fokus op vreugde
Identifiseer drie dinge waarvan jy regtig hou, soos lees, skryf en kuier met vriende. Kyk waar jy elkeen in jou weeklikse skedule kan inpas.
Om gereeld tyd aan goedvoel-aktiwiteite te bestee kan jou lewensgehalte ’n stewige hupstoot gee.
2 Skakel die “tuimeldroër” af
As ’n sekere situasie voortdurend in jou kop bly draai, kan jy ’n besluit neem om dit te laat gaan. Raak bewus van die onderliggende emosies, praat met iemand wat jy kan vertrou, doen wat jy kan, en roep halt wanneer jy agterkom jy tob al weer daaroor.
3 Doen dit net!
Is daar iets wat jy uitstel, soos ’n hartsgedagte wat jy met ’n geliefde wil deel, of ’n vraag wat jy jou werkgewer wil vra? Die perfekte oomblik gaan nooit opdaag nie. Gee ’n geloofsprong en doen dit nóú.
4 Volg jou binnestem
Onsekerheid kan jou terughou. Vertrou jouself, word stil en luister na jou innerlike wysheid, en glo dat jy die regte stap sal doen.
Bron: mindmovies.com
Lees ook: Leer hoe om selfgeldend te wees