kategorieë: TuinmaakLeefstyl

35 slim truuks vir jou tuin

Deur Christa Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  • Plant eenjarige blomplante pot en al oral waar daar kaal kolle in die tuin is vir vinnige kleur. Vervang dit bloot as die plant klaar geblom het.
  • Strooi koeksoda om jou tamatieplante. Dit sypel in die grond in, verlaag die suurgehalte en sorg vir soeter tamaties.
  • Kram tuinmateriaal (by tuinsentrums te kry) onder ’n pallet vas, vul dit met potgrond en plant jou groente in die oop rye.
  • Hou die water waarin jy groente kook en laat dit afkoel. Maak jou plante daarmee nat vir ekstra voedingswaarde.
  • Maak eierdoppe fyn en strooi dit om plante vir kalsium in die grond en om peste weg te hou.
  • Maak jou eie onkruiddoder deur 3,5 liter asyn, 1 koppie sout en 1 eetlepel skottelgoedseep te meng. Gooi dit in ’n spuitbottel en spuit onkruid daarmee.
  • Ken jou tuin. Weet wanneer die son waar skyn voor jy plante plant.

Lees ook: Eierdoppe: Die natuurlike hupstoot wat jou plante nodig het

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • Gaar reënwater op om jou plante mee nat te gooi.
  • Sit ’n weggooibare babadoek onderin ’n plantpot om vog te behou.
  • Maak gaatjies in ’n 2 l-koeldrankbottel en plant dit langs ’n plant met die opening bo die grond. Vul dit net met water.
  • As jy ’n rukkie van die huis af weggaan, grou ’n gat langs ’n plant, maak ’n wynbottel vol water en keer dit vinnig in die gat om. Die water sal stadig uitsypel en die plant se wortels nat hou.
  • Druk plastiekvurkies langs saailinge in die grond met die punte na bo om diere uit die bedding te hou.
  • Vul ’n terracottapot met bousand en gooi mineraalolie oor die sand. As jy klaar in die tuin gewerk het, druk jou snoeiskêr en ander handgereedskap daarin om te keer dat dit roes.
  • As jy ’n nuwe bedding voorberei het, maak dit goed nat en bedek dit met swart plastiek. Die plastiek keer die sonlig en die water sit in stoom om. Dit maak die onkruid en onkruidsaad dood asook sekere fungi wat in die grond is. Hou dit ongeveer ’n maand so voor jy dit afhaal en plant.

  • Verf klippies met plantname om te merk wat jy waar geplant het.
  • As jy steggies maak, druk die punt in heuning voor jy dit in die grond druk, dit dien glo as ’n groeihormoon vir wortels.
  • Gebruik ’n ziptie om rankplante vas te maak en te lei waar jy wil hê dit moet rank.
  • As ’n ui uitloop, sny die buitenste lae af en plant die kern met die uitloopsel aan.
  • Gebruik interessante houers om plante in te plant soos stewels, buitebande, ’n ou kruiwa … Die moontlikhede is eindeloos.
  • Om te weet of jy jou beddings nat genoeg gemaak het, druk jou vinger sowat 3 cm in die grond in. Dit moet tot daar nat wees.
  • Knyp die punte van jong plante af sodat dit kan stoel en nie net een lang stingel maak nie. Knip ook dooie blomme af, dit moedig die plant aan om meer blomme te maak.

  • Vee jou tuingereedskap met petroleumjellie skoon om te keer dat dit roes.
  • Plant saadjies in eierdoppe as jy binnenshuis plantjies kweek. Dit verskaf kalsium en as die plantjie sterk genoeg is kan jy dit met dop en al plant.
  • Sny die onderkant van ’n 2 l-koeldrankbottel af en plaas dit oor jong saailinge met die prop af. Dit dien as ’n minikweekhuis.
  • Om nuwe roosbome te kweek, druk jou gesnyde steggie se onderkant in ’n aartappel en plant dit aartappel en al. Dit hou die stammetjie vogtig terwyl dit wortels vorm.
  • Sit leë koeldrankblikkies onderin ’n diep blombak sodat jy nie soveel grond hoef te gebruik nie.
  • Gooi koffiemoer in jou beddings uit. Dit bevat noodsaaklike voedingstowwe soos kalium, fosfor, stikstof en magnesium. Dit help ook met dreinering in die grond en om vog te behou. En dit lok erdwurms, iets wat jy in jou grond wil hê.
  • Saai saadjies of maak steggies in toiletrolkartonnetjies. Pak ’n klompie langs mekaar in ’n houer om dit regop te hou. As die saailinge gereed is, kan jy dit net so met die rolletjie oorplant in die tuin sonder om die stammetjie of wortels te beskadig.

  • Gebruik deurskynende kratte as ’n mini-kweekhuis.
  • Om die pH-balans in die grond te toets, het jy koeksoda en asyn nodig. Skep ’n bietjie grond in twee bakkies. Voeg asyn by die een en roer dit. As dit borreltjies maak, is die grond alkalies. Gooi koeksoda en water by die ander een en roer. As dit borreltjies maak, is die grond suur.
  • As jy nie graag met handskoene in die tuin werk nie, trek jou naels oor ’n koekie seep sodat die seep onder jou naels vassit. Dit keer dat grond onder jou naels aanpak. As jy klaar in die tuin gewerk het, was jou hande en borsel jou naels met ’n naelborseltjie.
  • Plant leë planthouers oral in jou beddings gelyk met die oppervlak. As jy plante aankoop, laat sak dit net in die leë houers.
  • Gooi bier in vlak houers oral in die beddings. Die slakke word daardeur aangetrek en val dan in die bier.
  • Vries kruie in ysblokkies om later in kos te gebruik.
  • Draai ’n ou leer onderstebo en sit dit in ’n groot terracottapot voor jy grond insit vir ’n plant wat rankplek nodig het.

Lees ook: Kry só jou tuin reg in Augustus

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.