3 Tuinmaak-apps om jou te help deur Anélle Tewson.
Antwoorde vir jou tuin
Gebruik hierdie app om plante te identifiseer: Neem net ’n foto en daar sal dadelik ooreenstemende plante met gedetailleerde sorginligting deur tuin- en tuinboukenners opkom. Hulle het ’n databasis van meer as 8 miljoen plante(!) en om gebruikers te help, bied hulle versorgingswaarskuwings wat sodat jy gelukkige, gesonde plante kan kweek.
Ken bome uit
Identifiseer inheemse en indringende, uitheemse bome wat in Suid-Afrika gevind word. Jy kan jou ligging kies om die boomlys te verminder vanaf 1 100 na die werklike getal wat natuurlik daar groei. Die tekeninge wys alle kenmerke van die plant, insluitende die blare, blomme en vrugte.
Hulp in die palm van jou hand
Candide help jou om tuine en tuinsentrums om jou te vind, en duisende plante op te soek met insig van hul kundiges. Vind en volg ook openbare tuine en tuinverwante besighede. Verken die omvattende kennisbasis met plante, plae en probleme, wat ook ’n hulpgids insluit.