3 mites oor drank wat jy nie moet glo nie deur Salomé Delport
Net ’n glasie ná werk …
Die feestyd is om die draai en ons neig om ’n bietjie meer as gewoonlik te drink. Hier is drie mites oor alkohol wat jy nie moet glo nie.
Mite 1: Jy kan maar drink omdat jy ’n groot kapasiteit vir drank het
’n Groter drankkapasiteit behoort die rooi ligte te laat flikker.
Dit beteken jou liggaam het al so gewoond geraak aan drank dat jy al meer nodig het om iets te “voel”.
Jy is al afhanklik, sonder dat jy dit besef.
Lees ook: Wat met jou liggaam gebeur as jy ophou drink …
Mite 2: Ekstra sterk koffie na drunch maak jou gou nugter
Jou lewer breek drank teen ’n vasgestelde tempo af: twee uur per enkele bier en drie uur per glasie wyn of sopie sterk drank.
’n Dubbeldrankie verdubbel ongelukkig nie die afbreekpas nie.
Jy gaan wegkom met twee glasie deur hulle gou voor ete tegelyk af te sluk nie: dit gaan ses uur neem voor die effek van hul alkohol op jou brein uitgewerk is. Net mooi niks kan dit versnel nie.
Mite 3: Bier maak jou nie so dronk soos brandewyn nie
Jy word dronk in ooreenstemming met die hoeveelheid etanol (die chemiese naam vir die soort alkohol in drank) wat jy inneem.
Die verskillende soorte drank word gewoonlik geskink in glase wat meebring dat elke soort glas jou omtrent dieselfde hoeveelheid etanol per drankie verskaf. Daarom kom bier, wat min alkohol bevat, in bierbekers terwyl brandewyn, wat baie hoog in alkohol is, in piepklien sopieglasies geskink word.
Lees ook: Die lekkerste mengeldrankies vir die somer