Lumosity Brain Training
Laai gratis af by iTunes of by Google Play Store.
Hoe werk dit?
Dit is deur neuro-wetenskaplikes ontwerp om jou denkvermoë te verbeter en uit te daag. Dit bevat geheue-bevordering en probleemoplossingsgereedskap om jou te help leer en om inligting vinniger te herroep.
Bekamp veroudering in jou brein met hierdie vyf brein-stimuleerders. Lees meer hier.
Word Brain
Laai dit gratis af by iTunes of by Google Play Store.
Hoe werk dit?
Die app word beskou as een van die beste woord-speletjies in 58 lande. Dit is ideaal vir woord- fanatici wat lief is ’n uitdaging. Dit begin maklik, maar raak vinnig moeiliker. As jy verborge woorde vind, moet jy jou vinger daaroor laat gly. Kyk hoe die legkaart intuimel en voltooi dit dan in die korrekte volgorde om die rooster skoon te maak.
Mind Games
Laai dit gratis af by Google Play Store.
Hoe werk dit?
As jy maklik verveeld raak met speletjies, is dié een vir jou. Dit bied ’n wye verskeidenheid speletjies om jou te help om verskillende kognitiewe vaardighede te bemeester. Die app bevat 36 speletjies en sommiges moet jy opgradeer om weer te speel. Dit sluit alles in van geheue-speletjies tot konsentrasie-aktiwiteite en legkaarte.