kategorieë: KosWinterkos

3 blitsidees met speserye

Te danke aan avontuurlustige kalante wat speserye in alle uithoeke van die aarde gaan soek het, het ons ’n kosskatkis vol eksotiese geure en kleure. Heel speserye versus gemaalde speserye is nie net ’n geriefsargument nie. Die geur wat vars speserye aan ’n gereg gee, kan nie met die vooraf gemaalde weergawe vergelyk word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Speserye se geurpasmaats

Speserye word as “soet” of “sout” beskou om in sout of soet geregte te gebruik. “Soet” speserye sluit neutmuskaat, kaneel, anys, steranys, karwysaad, vinkel en kardemom in en kan in nageregte en gebak gebruik word. “Sout” speserye soos jenewerbessie, komyn, koljander en naeltjie werk goed saam met vleisgeregte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die meeste speserye verg ’n bietjie aandag om hul vlugtige olies vry te stel. Braai heel speserye droog, of in ’n klein bietjie verhitte olie om die geur aan te wakker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 blitsidees met speserye

  • Geurige vla

Gooi 180 ml (1/3 k) melk in ’n middelslagkastrol, voeg ’n kaneelstok, ’n steranys en ’n naeltjie by en verhit stadig oor lae hitte. Roer 1 x 385 g-blik kondensmelk by en kook vir 4-5 min. Klits 6 eiergele tot glad. Gooi ’n klein bietjie van die warm melkmengsel by en roer weer tot glad. Gooi alles terug in die kastrol en roer heeltyd. Kook vir 2 min. tot dik. Haal die speserye uit. Sit op ’n koue aand met ’n gebakte poeding voor.

  • Winter-masala

Rooster 5 ml (1 t) elk komyn, karde-mom en 3 naeltjies. Laat afkoel en maak fyn in ’n stamper en vysel. Roer 5 ml (1 t) gemaalde neutmuskaat, 15 ml (1 e) elk paprika en cayennepeper, 45 ml (3 e) bruinsuiker en 2 fyn gekapte knoffelhuisies by. Bedek met olyfolie en smeer oor hoender voor dit gerooster word.

Lees ook: Masala-kerriesous

Lees ook: Masalamengsel

  • Winterdoepa

Verhit 250 ml (1 k) brandewyn met ’n duimlengte geskilde gemmer, ’n stuk pypkaneel, ’n steranys, die skil van ’n lemoen en 30 ml (2 e) heuning. Prut vir 2 min. en gooi in ’n gesteriliseerde bottel. Skink as die winteraande lank raak en om verkoue teë te werk.

Lees ook: Verkoue? Dokter jouself soos ’n dokter dit sou doen

Koop só

Koop vars speserye by ’n goeie handelaar, of kyk na die vervaldatum op die pakkie. Vars gedroogde speserye het ’n skerper geur en ’n helderder kleur. Koop speserye afsonderlik en maal jou eie mengsels. Ons gebruik ’n koffiemaler wat vir die doel opsygesit is.

Lees ook: Ken jou speserye

Bêre só

Lug- en ligdigte verpakkings sorg dat die geur en kleur van die speserye behoue bly. Hou die speserye op ’n koel, droë plek sodat hulle nie muf nie, en dat die geur nie in die hitte verslaan nie. Grootmaatspeserye kan gevries word om die geur te bewaar. Skud die regte hoeveelheid droë speserye op ’n lepel uit, eerder as om die botteltjie oor ’n stomende pot te hou en alles dan klam word.

Toets só

… of speserye nog sterk genoeg vir gebruik is: Skud die toe botteltjie gemaalde speserye en ruik met die oopmaakslag of die geur nog sterk genoeg is. Speserye het ’n beperkte rakleeftyd. Heel speserye hou vir een tot twee jaar en sade en gedroogde wortels vir twee tot drie jaar. Gooi liefs gemaalde kruie wat ouer as ’n jaar is uit, of toets voor gebruik.

Maak só

Maal heel speserye soos benodig om die beste uit elke geur te haal. Die geur van speserye verslaan wanneer dit gemaal word en met suurstof in aanraking kom. Verhit ’n pannetjie en gooi die speserye by. Braai droog tot hul geur skerp na vore kom. Dié metode is gewild in Indië, want die olies word vrygestel en die speserye maal makliker in ’n stamper en vysel tot ’n poeier. Die speserye kan ook in ’n bietjie verhitte olie gebraai word. Gebruik die gegeurde olie vir nog meer woema.

Gebruik só

Onthou speserye se medisinale gebruike: cayennepeper verrig wondere vir die bloedsomloop en gemmer werk koue hande en voete teë. Kaneel beheer bloedsuiker, naeltjies verlig tandpyn en karwysaad is goed vir die spysvertering. Kou ná ete ’n paar vinkelsaadjies om jou asem te verfris.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

11 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

14 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

15 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.