Dié sentrum bestaan uit sowat 80 skeepshouers wat in meer as 100 winkels omskep is. Dié innoverende projek is deur die konstruksiefirma, Citiq, onderneem wat die idee vanaf soortgelyke sentrums in Engeland en Frankryk gekry het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die atmosfeer sorg vir ’n luilekker gevoel wat beslis by dié omgewing pas. Daar is ’n verskeidenheid vakmanswinkels om van te kies, waarvan die meerderheid op die kulinêre kunste fokus. Terwyl jy rustig aan ’n koppie tuisgemaakte koffie teug kan jy op ’n warrelwind wêreldtoer gaan deur Indiese kerrie by Currie in a Box te geniet voor jy ’n Italiaanse dis by Piera koop en dit met ’n Franse makrolletjie van Camilla’s Macaroons afsluit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hoewel daar talle ander kosverwante winkels is, maak dié sentrum nie net vir kosliefhebbers voorsiening nie. Die verskeie kunsgalerye, ontwerpersklereboetieks en selfs ’n fietswinkel sorg dat daar iets vir almal is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Daar is ook ’n speelpark vir die kleingoed en ’n buitelug-amfiteater waar musiek gespeel word. Indien jy van plan is om die sentrum oor ’n naweek te besoek, kan jy na ’n impromptu naweekmark uitsien! Boonop is die sentrum sentraal geleë en net ’n klipgooi van ander plaaslike restaurante en winkels af.
Doen jouself ’n guns en gaan maak ’n draai by dié byderwetse winkelsentrum en deel jou ervaring met ons in die kommentaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Goed om te weet:
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.