New Yorkse bagels met salm en roomkaas
1 Meng die koekmeel, louwarm water en kitsgis in die bak van ’n elektriese menger met ’n deeghaak aan. Meng tot glad. Bedek die bak en laat die deeg vir 30 min. in die mengbak staan tot dit begin borrel.New Yorkse bagels met salm en roomkaas
Ingredients
Instructions
2 Voeg die kitsgis, bruinsuiker, sout, eiers, esdoringstroop en koekmeel by die gis-spons in die mengbak. Meng met die deeghaak tot die deeg glad en elasties is. Bedek en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel die grootte.
3 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
4 Knie die deeg vir 1 min. Rol 12 balletjies tussen die hand-palms en pak op die bakplaat. Druk die balletjies plat. Druk met ’n 2 cm-koekiedrukker gaatjies in die middel van die rolletjies. Bedek die bakplaat met kleefplastiek en sit vir 1 uur in die yskas.
5 Verhit die oond tot 180 °C. Verhit ’n groot, diep pan vol water tot kookpunt. Gooi die koeksoda by. Maak seker die gaatjies in die middel is nog oop. Rek dit groter met jou vinger indien die gaatjies toe gerys het. Kook 3 bagels op ’n slag vir 1 min. aan elke kant. Lig met ’n gaatjieslepel uit die water en pak op die bakplaat. Smeer met eierglaseersel en bak vir 20-25 min. tot goudkleurig en gaar.
6 Laat effens afkoel en sny middeldeur. Smeer lekker dik met roomkaas en tooi met lappies salm en bondeltjies bronkors. Sit die bokant op en smul.