In 2015 het rekordvlakke van stropery renosters op die rand van uitsterwing gelaat en verskeie aktiviste het na vore getree om die geveg teen renosterstropery te lei. Bonné de Bod is só ’n formidabele leier wat daagliks op die voorgrond van renosterstropery is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sy is tans ’n aanbieder van die televisieprogram, 50/50, waarvoor sy die reeks, Rhino Brief, geproduseer en aangebied het. Haar jongste projek, STROOP, is ’n dokumentêr waarvan sy die regie behartig. Die film handel oor die verskeie aspekte van renosterstropery en sal na verwagting in 2016 in teaters wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons het met Bonné gesels om meer oor Wêreld Renoster-dag en renosterstropery uit te vind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wat gaan jy op Renoster-dag doen?
Snaaks genoeg gaan een van die ‘vreemdste’ hofsake waarby renosters betrokke is op Wêreld Renoster-dag voort! Twee van die grootste privaat renostertelers vat die regering hof toe en die STROOP-span gaan daar wees om dit te verfilm*. Ek gaan ook om 11:30 uit die hof glip vir ’n onderhoud op Groot FM oor Wêreld Renoster-dag en dan later die middag doen SANParke ’n onderhoud met die span agter die “Rhino Brief”-reeks, wat die afgelope seisoen op 50|50 uitgesaai was. Dié “Rhino Brief”-reeks is genomineer vir ’n Koedoe-toekenning. So, dit gaan ’n propvol renoster-dag wees!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hoe kan Suid-Afrikaners tot die geveg teen renosterstropery bydra?
Ek kom gereeld in aanraking met mense wat magteloos en moedeloos voel en nie weet hoe om te help nie, maar die publiek is nie bewus van die buitengewone mag wat binne elkeen van ons lê om bewegings van stapel te stuur nie. Bewegings wat uiteindelik van die wêreld ’n beter plek sal maak. Ja, donasies help natuurlik altyd, maar dit is ongelooflik belangrik om jou huiswerk te doen vóór jy jou organisasie kies.
Baie vrywilligers het al hul vingers verbrand en ek het al eerstehands ervaar hoe misleidend baie van hierdie renoster-fondsinsamelingsgroepe kan wees. Ons moet aanhou om die storie van ons renosters te versprei totdat hulle oorlewingstryd deel van die hoofstroom word. Almal is deesdae op sosiale media. Ek wil hê die publiek moet wegkom van die verskoning “Ek het nie geweet nie” of “Ek kon niks doen nie” en dan die wonderlikste ding wat enigiemand kan doen, van enige geloofstelsel, dit maak nie saak nie…
Wat is tans die toestand van renosterstropery in Suid-Afrika?
Daar is geen ander manier om dit te stel nie – dit is buite beheer. Selfs die hoof van die Kruger Nasionale Park se teen-stropingsoperasies, Generaal-majoor Jooste, het al gesê dat 15 gewapende invalle daagliks in die park plaasvind. Ongelukkig is die publiek se vertroue besig om te faal, maar ten spyte hiervan, weet ek ook dat as ons negatief oor dié situasie is, beïnvloed dit die veldwagters se moraal geweldig en hulle werk só hard en plaas hulle lewens op die spel. Ek ken die mans en vroue daar buite so ek hou nie daarvan om so negatief te wees nie, maar ongelukkig is dit die stand van sake.
Wat kan jy ons van jou ervaring met renosterstropery vertel?
Ek volg die krisis die afgelope 18 maande ten nouste vir STROOP. En dan het ek natuurlik die afgelope ses jaar ook baie renosterstories vir 50|50 gedoen. Dit is egter veral tydens die verfilming van STROOP wat ek gesien het hoe kompleks die stropingskrisis is. Daar is so baie aspekte hieraan verbonde, van die veldwagters op die grond tot die forensiese spanne wat bewyse op misdaadtonele versamel tot by die staatsaanklaers wat hard werk om die misdadigers aan die pen te laat ry…en hierdie is nog net op die oppervlak. Daar is so baie ander lae en ek hoop om dit vir die publiek te ontleed en bloot te lê sodat hulle die situasie beter kan verstaan.
Vertel ons meer van Stroop
Ek is ten alle tye daarvan bewus dat ek hier is, besig met verfilming, as gevolg van die publiek se ondersteuning. Hierdie film word befonds deur skare-befondsing (crowd funding) wat beteken dat ons nie vir enige uitsaaier werk nie. Dit is werklik ’n onafhanklike film en dit beteken dat ons soveel moontlik tyd op die grond kan deurbring.
Gewoonlik met televisie is dit ’n geval van in en uit iemand se lewe in ’n paar uur, so om hierdie helde op die grond behoorlik te leer ken was tot dusver ‘n wonderlike ervaring. Daar was egter ook al baie terugslae wat my teen die grond gehad het. Verlede week was baie moeilik vir my toe ek weereens ’n getuie moes wees van waartoe die mens in staat is. ’n Renosterkoei het ’n gruwelike aanslag oorleef en om te sê die voorste horing is verwyder, kan nie regtig die omvang van hierdie gruwelike daad verduidelik nie en dit alles is gedoen ten aanskoue van haar kalfie.
Dit is ’n wilde kalf en die veeartse het ons gevra om nie aan hom te raak nie. Ek was geweldig emosioneel terwyl hy om sy ma geloop en toerusting met sy kop gestamp en gehuil het, sy kop op haar lyf neergesit en gewag het en dit alles terwyl die veeartse besig was om op die ma se gesig te opereer. Dit is oomblikke soos hierdie wat die publiek nie altyd sien nie en wat ons hoop om in die film te wys.
Wat hoop jy om deur Stroop te bereik?
Ek word telkens gevra “Wat is die een ding wat ons renosters sal red?” en die skokkende realiteit is; daar is nie net een ding nie. Dit is ’n probleem met soveel fasette en soveel keuses wat daaruit gemaak moet word. Dit is hoekom die film so geweldig belangrik is. Elke Suid-Afrikaner moet STROOP sien sodat hulle weet wat daar in hierdie krisis gedoen word, maar ook wat nie gedoen word nie. Ek wil hê die publiek moet aan die einde, as hulle die film klaar gekyk het, voel dat hulle wel iets kan doen… dat hulle beleef het wat ek beleef het, voel soos ek gevoel het, dat hulle saam met my op hierdie die reis was en nou met die inligting wat hulle gekry het bemagtig voel om uit te gaan en hulle keuse uit te oefen. Dit is so eenvoudig soos dit.
* Hoewel die handel in renosterhoring sedert 1977 verban is, is Suid-Afrika in 1994 toegelaat om plaaslik daarmee handel te dryf weens die land sukses met die vermeerdering in getalle, maar toe die stropery weer in alle erns begin het, het die regering ’n moratorium in 2009 in plek gestel. Dit is hierdie moratorium wat die telers wil lig sodat hulle renosterhoring binne Suid-Afrika kan verkoop. Dit is een van die baie sake wat in die film ‘STROOP’ gevolg word, omdat die regstelsel ‘n baie belangrike rol in renosterstroping speel.
Volg Bonné op Facebook en Twitter.
Kyk die lokprent vir STROOP hier.
Gebruik die hutsmerk, #worldrhinoday, en word deel van Wêreld Renoster Dag.
Suzette en Skye: Sielsmaats met die liefde saamgesnoer Suzette van der Merwe…
Vanjaar se kortlys, wat van dié jaar se gemoedstoestande en gesprekke opsom, is deur OUP…
Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n…
Deur Rediscover Dairy Voorbereidingstyd: 5 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Bedien: 4 porsies Porsiegrootte: 300…
Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…
Bestanddele 45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.