Jy het hulle al gesien. Daardie sosiale-media-beïnvloeders – almal professionele kokke, huiskokke, gesondheidsbewuste kokke, pa-kokke, die “besige ma”-kokke, die “net-uit-universiteit-leer-hoe-om-te-kook”-kokke – wat almal besig is om te kap of te sny voor die kamera. Raai wat is hulle nommereenbestanddeel? Avokado’s wat nou ryp is, want die avoseisoen vir 2024 begin.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Oukei, om regverdig te wees, oordryf ons dalk nou so ’n bietjie. Die kosprodukte wat vanjaar op sosiale media gewild is, is volgens Time se opname van mense in die bedryf, Oosterse bestanddele, soos swart sesamesaad, pers patat en melktee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Maar hierdie opname, en omtrent elke voorspellinglys wat die jongste kosneigings vir 2024 aankondig, benadruk die voortdurende sterk aanvraag na plantgegronde geregte en die volhoubare gebruik van volvoedselgroentes (groente wat nie baie verwerk is nie) in restaurante en maklike geregte wat jy by die huis kan maak.
Die groeiende neiging om groente in drankies te gebruik, raak al hoe gewilder. Die Time se opname merk dat “mengeldrankiekenners oor die wêreld heen geregte vir drankgeure omarm.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Avokado’s, wat in Suid-Afrika gekweek word, pas goed by hierdie neigings in. Hulle is ’n basiese bestanddeel in plantgegronde maaltye; ’n volvoedsel wat beteken dat hulle net so gebruik kan word sonder om verder verwerk te word; hulle maak heerlike romerige drankies; en hulle is heeltemal Insta-waardig (gaan loer bietjie na die gewilde #avocadobread om te sien wat ons bedoel!).
Dit wys op die geweldige veelsydigheid van avo’s, en hoe maklik dit is om net ’n avo vir ontbyt, middagete of aandetes; as peuselhappie of gereg op sy eie; en as iets bo-op ’n gereg of as bykos te geniet.
Navorsing deur die SA Avokado Kwekersvereniging (SAAGA) het laas jaar gewys hoe die gewildheid van avo’s by verbruikers gestyg het. Dit toon dat dit nie langer net as luukse bestanddeel beskou word nie; dis eerder nou ’n moethê- huishoudelike produk wat in elke Suid-Afrikaner se huis behoort te wees.
Hierdie verskuiwing word grootliks aangebring deur die toenemende erkenning van avos se voordele vir ons gesondheid, en die menigte maniere waarop verbruikers “net ’n avo kan byvoeg” tot die kosprodukte in hul spens of by oorskietkos om bekostigbare familiegeregte oor verskillende kulture heen te maak.
Avo’s is hoog in vette wat jou hart gesond hou, vitamien K en biotien. Dit bevat nie enige cholesterol of natrium nie, en dit kan deel vorm van ’n suksesvolle energie-beherende dieet om jou gewig te bestuur. Hulle bied ook waarde vir jou geld, aangesien ’n klein bietjie jou ver kan bring.
SAAGA se navorsing wys ook dat, selfs al het die gemiddelde koste van alle voedsel gestyg, is avokado’s belangrik vir verbruikers en voeg hulle dit gereeld by hul inkopielyste. Verbruikers se koopgedrag wanneer dit by avo’s kom, het ontwikkel van om in 2012 en 2016 op die ingewing van die oomblik te koop tot 2021 en 2023 waar ’n mense hul aankope beplan. Kopers is veral lief vir avokado’s wat ryp en gereed iryp-en-gereed-avokados, en 66% sal selfs meer vir hierdie gerief betaal.
Suid-Afrikaanse avokadopere is amper die hele jaar lank beskikbaar: die romerige soort met die groen vel is vanaf Maart tot Oktober beskikbaar terwyl die neuterige avo’s met die donker vel vanaf Maart tot November beskikbaar is. Die avokado’s met groen en donkervelle is ewe lekker en voedsaam.
Wat wil jy dus kook of bak? Al wat jy nodig het, is ’n resep, ’n kamera, ’n hutsmerk … en ’n avo of twee om jou eie kossensasie te skep wat die tonge sal laat klap!
Vir meer inligting en avoresepte, besoek www.avocado.co.za, like ons op Facebook @iloveavocadoSA en volg ons op Instagram @iloveavossa.
Suiwelvrye avosmoothie
(Jogurtplaasvervanger)
Veganvriendelik!
1 porsie
Bedieningstyd: 10 minute
Bestanddele:
Metode:
Wenk: As jy nie tyd het om die vrugte te vries nie, verwerk dit wanneer hulle steeds vars is saam met ’n hand vol ysblokkies.
Avodeegtert
(Botter plaasvervanger)
Geskik vir vegetariërs!
8 porsies
Bedieningstyd: 30 minute + rus
Kooktyd: 30 minute
Bestanddele:
Vir avodeeg
Vir vulsel
Metode
1. Deeg: Verwerk die avo tot glad. Meng die meel, bakpoeier, sout en net genoeg water deur tot dit ’n balletjie vorm. Strooi ekstra meel oor ’n plat oppervlak en knie tot sag. Bedek met kleefplastiek en laat vir 20 minute rus.
2. Rol deeg uit in ’n sirkel met 5 mm-dikte. Voer ’n gesmeerde, diep quichepan met die deeg uit en sny dié stukke wat oorhang af. Prik die onderkant met ’n vurk. Sit gefrommelde bakpapier bo-op en bakgewigte (soos droë bone). Sit vir 10 minute in yskas.
3. Voorverhit oond tot 200 ° C. Bak die tertkors blind vir 10 minute. Verwyder bakpapier en gewigte, en bak vir 5 minute of tot ligbruin.
4. Vir die vulsel, blits eiers, 357 ml (1 ½ k) ertjies en 80 ml (1/3 k) van die feta. Geur met sout en peper. Gooi binne-in tertkors en bak vir 30 minute of tot gestol. Koel af by kamertemperatuur.
5. Maak avorose deur een avokado met die gesnyde deel na onder op die snyplank te sit. Sny oor die breedte heen in klein, dun stukke.
6. Sprei die avokadosnye uit oor ’n reguit lyn. Begin aan een kant en rol die versigtig in ’n spiraal roosvorm. Herhaal met orige avo helfte.
7. Plaas avokadorose op tert met orige 125 ml (1/2 k) ertjies en 45 ml (3 e) feta. Plaas basiliekruid oor.
Wraps met geroosterde groente en avomayonnaise
(Mayonnaise-plaasvervanger)
Veganvriendelik!
4 porsies
Bedieningstyd: 15 minute
Bestanddele:
Vir die avomayonnaise
Vir die wraps
Metode
1. Avomayonnaise: Verwerk bestanddele saam tot glad.
2. Wraps: Smeer die avomayo in rye oor die middel van die wraps. Plaas blare, groente en avokado bo-op.
3. Vou albei kante van elke wrap oor die vulsel. Maak met ’n kombuistou vas om bymekaar te hou.
Variasie: Vir ’n vleisopsie voeg 250 ml (1 k) gesnipperde, oorskiethoender wat gerooster is of snye gebraaide vleis by.
Beurtkragwenk: Die mayo kan ’n dag voor die tyd gemaak word. Anders druk die avo fyn en klits die orige bestanddele saam tot glad.
Lees ook: Eiers gevul met beet en avokado
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.