Kyk Dirty Dancing by Cinema Nouveau op Valentynsdag. Foto verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hierdie Valentynsdag bring Cinema Nouveau een van die mees geliefde klassieke liefdesverhale terug skerm toe. Jy kan nou vir die spesiale vertonings van Dirty Dancing op 14 Februarie 2019 bespreek. Fliekgangers kry ’n verwelkomingsdrankie voor hulle hul aan nostalgie oorgee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Sommige flieks laat ’n merk op mense se harte lank nadat dit op die skerm gedebuteer het. Dirty Dancing is so ’n fliek. Romanse, dans en ’n onweerstaanbare klankbaan het kykgehore na die flieks laat stroom in 1987. Dit was ’n treffer!
Dirty Dancing vertel die storie van ’n jong vrou genaamd Baby, wat ontsnap van die beperkinge van haar oorbeskermende familie. Sy vind liefde en ervaar die lewe en sosiale onregverdigheid as haar gesin na ’n vakansie-oord gaan. Sy raak halsoorkop verlief op Johnny, ’n dansinstrukteur, gespeel deur ’n jong Patrick Swayze. Hy leer Baby, gespeel deur Jennifer Grey, om te dans. Sy leer hom op haar beurt om ’n beter mens te wees …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Moenie die vertonings by Cinema Nouveau misloop nie: Rosebank, Johannesburg, die V&A Waterfront in Kaapstad, Brooklyn, Pretoria en Gateway in Kwazulu-Natal. Die fliek begin om 20:00 en verwelkomingsdrankies word vanaf 19:00 bedien.
Bespreek kaartjies by www.sterkinekor.com of laai die SK-toepassing af. Volg Ster Kinekor op twitter @sterkinekor of @nouveaubuzz. Bel Ticketline by 0861 movies (668 437)
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.