Die wedloop sal die middag van 5 Augustus 2017 om 14:00 by SuperSport Park in Centurion afskop en vroue van alle fiksheidsvlakke kan deelneem aan die 5 km- of 10 km-wedrenne.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Deelnemers van die top SPAR Women’s Challenge-wedrenne sal meeding vir die wenplek in die SPAR Grand Prix-reeks, wat bestaan uit ses SPAR 10 km-wedrenne wat landwyd aangebied word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }’n Hoogtepunt van die wedloop is gewoonlik die interessante aanpassings wat deelnemers met hul SPAR-wedloophemde maak. Vanjaar word vroue aangemoedig om ’n bietjie glans by hul hemde te voeg. Neem ’n selfie met jou deelnemershemp en plaas dit op die SPAR Women’s Challenge Pretoria Facebook-bladsy en kry die kans om SPAR-winkelbewyse te wen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die liefdadigheidsorganisasies wat vanjaar by die opbrengs sal baat, is: Irene Homes, Jacaranda Good Morning Angles, die Chrysalis Stigting, Cupcakes 4 Kids with Cancer, die Zoleka Mandela-stigting, en die Hanna Liefdadigheids- en Bemagtigingstigting.
Ambassadeurs vir die wedloop is: Warrior Ric, Hanna Grobler, Penny Lebyane, Ivan Botha, Donnalee Roberts, Zoleka Mandela, Bouwer Bosch, Lindie Strydom, Charné Bosman, Willem Botha, Sarina Frauenstein, Johrné van Huysteen, Martin Bester, Dianne Broodryk, Morne JK en Paulane Sekepe. Hulle sluit aan by die langtermyn-wedloopbeskermheer Annie Malan om aan die wedloop deel te neem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Inskrywingsgeld is R100 vir alle gelisensieerde 10 km-deelnemers en R130 vir alle nie-gelisensieerde 10 km-deelnemers. Die fooi vir die 5 km-stap-of-draf wedloop is R100.
Daar is twee maniere om in te skryf:
• Jy kan by ’n SPAR-winkel inskryf. ’n Lys van deelnemende winkels is by sparladiespta.co.za beskikbaar
• Jy kan ook aanlyn op dieselfde webtuiste inskryf
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.