'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Die 2017 Boekejol en Filmrolfees word onder die tema “Kort-Kort” aangebied wat die belofte inhou dat besoekers kort-kort geleentheid gaan kry vir saamkuier, debatteer, lag en oordenking. Besoekers vanoor die land kan verwag om verras te word deur die kreatiwiteit van die verhoogproduksies en die prikkelende, en somtyds sensitiewe aktualiteitsgesprekke wat onderwerpe insluit uit ’n breë spektrum oor byvoorbeeld geskiedenis, transformasie, kultuurverskille en finansies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Afrikaanse boeke en skrywers geniet weereens prominensie op die program. Daar is egter ’n opwindende nuwe toevoeging tot die feesprogram op Vrydag, 18 Augustus wanneer Engelse skrywers en boeke ingesluit word. Die toevoeging bied geleentheid vir wyer deelname tussen taal – en kultuurgroepe heen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die fees skop af met ’n gesellige Kronkelkuier waar gaste ontspan met mooi musiek en smul aan heerlike geregte voor die aanvang van ’n wye verskeidenheid aanloklike geleenthede. Die program sluit onder meer in:
Kundiges soos Tim du Plessis, Pieter Geldenhuys, Coenie de Villiers, Cobus Bester en Bettina Wyngaard sal aktuele gesprekke en boekbesprekings lei. Musikale vermaak word gebied deur kunstenaars soos Gloria Bosman, Hemelbesem, Kevin Leo en Anna Davel. Besoekers kan uitsien om skrywers soos Etienne van Heerden, Helen Zille, Dana Snyman en Thandeka Gqubule te ontmoet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Besoek www.boekejol.co.za vir meer inligting oor die fees.
Klik hier vir die volledige feesprogram.
Genoeg vir 8 viskoekies Bestanddele Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…
Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Hierdie webwerf gebruik koekies.