Maak plek in jou dagboek vir die Women’s Lifestyle Expo wat van 29 tot 30 September 2018 by die Montecasino Piazza in Johannesburg aangebied word. Vroue sal raad kry oor finansies, gesondheid, skoonheid en dekor.
Die uitstalling is ’n viering van die individualiteit en krag van die Suid-Afrikaanse vrou, sê medestigter, Helen Johns. Die skou sal ’n geleentheid aan vroue bied om vrouwees saam met vriendinne, ma’s en dogters te vier.
Die skou word aangebied deur FMI, ’n afdeling van Bidvest Life Ltd. Hul missie is om vroue te bemagtig en aan te moedig om gesonder te leef.
“Ons wil vroue inspireer om na hul finansiële toekoms te kyk en om versekering uit te neem vir kritieke siektetoestande,” sê Grace Winter, hoof van handelsmerkkommuniksaie van FMI. Onder van die sprekers by die fees is Dr Jessica Trusler, ’n navorser in genetika by AMPATH laboratoriums. Sy sal gesels oor die jongste genetiese toetse vir swangerskappe. Jean Chawapiwa van Win Win Solutions 4 Africa sal praat oor vroue-entrepreneurs.
Besoekers sal bederf kan word met spa-behandelings en masserings. Daar sal verversings te koop wees wat sal wissel van gesondheidskos to dekadente happies.
Die High Tea sal ’n hoogtepunt wees en gaste sal delikate eetgoed, skemerkelkies en jenewer-drankies kan geniet. Elke gas sal ’n sak vol geskenke ontvang.
Die skou vind op die volgende tye plaas:
Saterdag, 29 September 09:30 tot 20:00.
Sondag, 30 September 09:30 tot 18:00.
Plek: Montecasino Piazza
Kaartjies: R180 per persoon per dag.
Kaartjies vir laasgenoemde is beskikbaar by www.itickets.co.za.
Vir meer inligting besoek hul webwerf.
Facebook – @WomensLifestyleExpoSA
Instagram – @womens_lifestyle_expo
Twitter – @Womens_Expo_SA
Kompetisie sluit op 24 September 2018.
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”407″ title=”true” description=”true”]