250 ml mandaryn-lemoensap en skil van 1 mandarynlemoen
2 hoenderporsies, boudjies en dytjies vas aanmekaar
30 ml (2 e) olyfolie
250 g eiernoedels, gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie
’n hand vol pak choy of babaspinasieblare, liggies gestoom
sesamsaad vir opdiening
vars koljanderblare vir opdiening
Instructions
1 Begin vier uur voor die tyd met die eiergele. Gooi die sojasous in ’n klein bakkie. Laat gly die eiergele versigtig in die sojasous.
2 Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol en braai die sprietuie, uie, gemmer en knoffelhuisies daarin tot goudkleurig. Voeg die sojasous, water, lemoensap en –skil en die hoenderporsies by. Kook vir 35 min.
3 Lig die hoender uit die aftreksel en laat afkoel. Gooi die aftreksel deur ’n sif, gooi terug in die kastrol en hou eenkant warm.
4 Sny die hoender van die been af. Verhit die ekstra olyfolie in ’n pan en braai die hoender, velkant na onder daarin tot bros.
5 Verdeel die gestoomde pak choy en gaar eiernoedels tussen 6 bakkies. Sit stukkies van die hoender met die bros vel in elke bakkie. Gooi van die geurige aftreksel in elke bakkie en laat gly een van die eiergele versigtig in die aftreksel in elke bakkie.