kategorieë: TrendsMode

1980-modes: onthou jy nog?

Het jy ooit hierdie tendense gevolg?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Fluweel en ander sweetpakke

Hoewel hierdie materiale vandag weer hoogmode is, sal die kenmerkende sweetpak altyd ikonies aan die 80’s bly. Min mense kon daardie glansende skynsel, tekkies en ’n paar gekleurde sonbrille weerstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Scrunchies

Saam met groot haarstyle kom groot haarbykomstighede. Die bekende “scrunchie” het in elke kleur, grootte en materiaal voorgekom om jou uitrusting op te vrolik. Fluweel en blink metaalkleure was gunstelinge onder bekendes soos Madonna, Janet Jackson en Sarah Jessica Parker.

Kan jy nog onthoug watter soort het jy verkies?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skouerkussings

Hoe bonkiger, hoe beter. Onthou jy daardie skerp, reghoekige silhoeët wat jou laat lyk of jy uit ’n wetenskapfiksiefilm ontsnap het? Het jy dit saam met ’n miniromp of langbroek gedra?

#rooirosewenk: Hierdie tendens is volgens modekenners besig om terug te keer na die modeplanke …

Spandex

Tesame met ’n kopband en skewe poniestert. Die hoog uitgesnyde leotard en stywe broekie kon enige figuur vleiend laat lyk, jou bene ekstra lank laat voorkom en die bont patrone het goed gekamoefleer. Geen wonder dit was so ’n gesogde oefenuitrusting nie!

Truitjies om die skouers geknoop

Of jy nou van plan was om daardie trui te dra of nie, om jou skouers het dit gehang. Dink aan films soos Grease en Top Gun. Sandy van Grease se sportdrag het veral gou in almal se klerekas gehang, met die truitjie oor die skouers.

Diere-patrone

Patrone was groot nuus in die jare 80, veral die luiperdmotief. Dit was stereotipies met “ryker” mense geassosieer wat dikwels ’n serpie of sybloes in hierdie patroon gedra het.

Kyk hier na ’n paar van rooi rose se 1980-modeblaaie

Kyk uit vir hierdie tendense wat weer kop uitsteek

Buidelsakkies

Hoewel handsakke tydloos is, raak klein rugsakkies en buidelsakkies (beter bekend as “moonbags”) al hoe meer gewild. Dit gaan gepaard met die musiekfees-tendens wat nou groot nuus is.

Groot oorringe

Bonkige oorringe is nou al ’n geruime tydjie op die loopplanke te sien – en dit gaan nêrens nie. Van hoepels, tossels en balle, daar is ’n styl vir elke voorkeur. Vind ’n lengte wat by jou nek pas – die idee is om jou nek slanker te laat lyk.

Hemde met valle en dramatiese moue

Dink aan Meksikaanse- en Marokkaanse-style. Moue wat uitklok of valle maak, skep daardie tikkie luuksheid en beweging aan ’n eenvoudige voorkoms.

Alles denim

Wanneer was denim ooit uit die mode? Denim met detail was hierdie winter op almal se lippe, maar soos in die tagtiger jare, begin denim weer na sy klassieke styl terugkeer – in ’n hooggesnyde ma-snit met ’n bonkige baadjie.

Interessante sonbrille

Dit is deesdae noodsaaklik om in ’n goeie sonbril te belê. Die bekende Ray Ban-brille en refleksieglase is nou met modieuse rame vernuwe, maar dit behou steeds daardie 80’s gevoel.

Kantoorbaadjies

As daar teen hierdie tyd nog nie ’n kantoorbaadjie in jou kas hang nie, is dit tyd. Die klassieke snyersnit sal jou nooit in die steek laat nie. Kikker dit op met kleurvolle skoene en bykomstighede.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

5 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

8 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

9 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.