kategorieë: Sukses en geldJou lewe

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oppas dat jy nie ’n kat in die sak koop wanneer jy motor koop nie! Hier is 17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n nuwe kar koop

1. Ry dit self

Maak seker jy bestuur die voertuig self. Soms is daar iets aan die sitplek of manier hoe die koppelaar en outomatiese rem werk wat jou hinder. Dit gaan jy net agterkom as jy self die voertuig bestuur het.

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

2. Sit dit af!

Hou die radio af. Dis al hoe jy ratels en vreemde geluide gaan hoor.

Lees ook: Op die pad – 3 karre waaroor ons nou opgewonde is

3. Hoe lyk dit binne?

Kyk mooi hoe die voertuig binne lyk. Toets die radio en lugversorging. Die rubber op die pedale moet ooreenkomstig wees met die hoeveelheid kilometers op die voertuig.

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

4. Jy moet hierdie weet oor odometers

Meganiese odometers kan maklik teruggedraai word om die voertuig se afstand minder te maak. Digitale odometers kan net met duur sagteware gekierang word.

Lees ook: Kry meer uit jou brandstoftenk

5. Let op na hierdie 2 dinge

Let op die werking van die remme en wees bedag op tekens van oorverhitting.

6. Hoe lyk die battery?

As dit maklik is om die battery op te spoor- kyk dat die terminale geen aanpaksels het nie.

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

7. Rook is sleg

Die uitlaatpyp moet nie rook nie. Hiervoor sal jy buite die voertuig moet staan.

Lees ook: Ken jou wegsleepregte

8. Hoe lyk die bakwerk?

Kyk noukeurig vir variasies in kleur op die bakwerk. Dit kan aandui dat die voeruig in ‘n ongeluk was en gedeeltes vervang is.

9. Begroot vir bande

Kyk mooi na die bande en as dit vervang moet word, vind uit of dit beskikbaar is en goed geprys is. Dit kan zn groot uitgawe wees, so reken dit in jou begroting in. Moenie die verkoopsman se woord vat vir die prys van nuwe bande nie. Vind self uit.

Lees ook: Wat jy moet weet oor nies en bestuur

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

10. Pasop vir oneweredige bande

Bande wat oneweredig afloop kan op ander groter probleme dui. Vind by ’n bandehandelaar uit. Die verkoopsman kan jou maklik ’n rat voor die oë draai.

11. Dring hierop aan

Dring aan op die voertuig se dokumentasie en diensrekord. Dit sal jou ’n goeie aanduiding gee van die voertuig se geskiedenis en of die vorige eienaar nougeset was met dienste. Vra vooraf of die maatskappy waardeur jy jou voertuig koop die geskiedenis kan nagaan. Dit sal verseker dat die voertuig nie gesteel is of groot ongelukke gehad het nie.

Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

12. Padwaardig beteken nie probleemvry nie

Onthou dat ’n padwaardigheidsertifikaat (RWC) nie beteken dat die voertuig probleemvry is nie. Dit beteken bloot dat die voertuig die minimum verpligte voorwaardes vir veiligheid voldoen. Bv. remme en ligte. Dit kan steeds ’n meganiese probleem hê.

13. Dink aan diensplanne

Vind uit hoeveel ’n diens vir die voertuig gaan kos as dit nie meer ’n diensplan het nie. Sekere handelsmerke is duurder as ander.

Lees ook: Dis wat jy moet doen as jy in ’n motorongeluk beland

14. Hoe ver is jy van jou naaste dienssentrum?

Hou ook in gedagte waar jou naaste handelaar vir onderdele en dienste is. As jy iewers in die platteland bly, is jy dalk ver van ’n dienssentrum en moet lank wag vir onderdele.

17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

15. Wees versigtig tydens toetsritte

Wees baie versigtig waar jy mense ontmoet vir ’n toetsrit. Neem altyd iemand saam al is jy ’n man en as jy vroualleen is, koop liewer deur ’n handelaar of betroubare onderneming.

Lees ook: Pasop vir seinblokkers!

16. Kry ’n objektiewe mening

Laat die voertuig onafhanklik inspekteer deur ’n instansie soos “AA Dekra tests”. Dan het jy die opsie vir ’n “Multi-point Check”, veiligheidstoets en tegniese inspeksie.

17. As dit te goed is om waar te wees …

As iets te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik. As jy iewers snuf in die neus kry, ongemaklik oor iets voel of die gevoel kry dat die verkoper jou in ’n kopie forseer, hou verby. Dis ’n groot aankoop wat jou duur te staan kan kom as jy die verkeerde besluit neem.

Van die inligting verkry van santam.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

44 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.