kategorieë: WenkeMode

16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar

16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wees versigtig vir tendense

Sommige trends is vinnig in en net so vinnig weer uit en moet dus deur die begrotingsbewuste vermy word. Sodra die tendens se “oomblik” verby is, is dit in jou kas en jy dra dit nie meer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy probeer dalk jouself oortuig omdat dit ultra-nuwerwets en op uitverkoping is,  dat dit die moeite werd is. Maar dink hieraan: As jy voortdurend die nuutste tendense koop en dan nie lank dra nie, is dit dan regtig so goedkoop?

Koop slegs nuwe trends as jy regtig daarvan hou en as jy dit weer kan dra wanneer die tendens nie meer so gewild is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koop beter stapelitems

As dit kom by stapelitems (wit knoophemp, netjiese swart broek, klassieke t-hemp) is jou opsies eindeloos. Dit is die klere wat jy oor en oor, jaar na jaar kan dra. Met hierdie items is dit slim om in kwaliteit te belê: Jy sal die verskil in snit en materiaal kan sien en voel.

Betaal met harde kontant

Baie van ons val in die lokval van ’n kaart. As jy jou kontant fisies by die kassier moet uittel, laat dit jou soms twee keer dink oor ’n kopie. Indien jy dit nie kan bekostig nie, moet dit nie koop nie.

’n Kassier het eenkeer vir my gesê: “Nou is jou geld ons s’n” en dit spook nou nog by my!

Onthou “goedkoop” en “afslag” is nie “verniet” nie

’n Mens raak so gou opgewonde oor ’n goeie winskopie en promosie, veral as jy geld kan spaar deur dit hierdie maand te koop. Dit veroorsaak dat jy ’n oorhaastige besluit maak en iets koop wat jy nie nodig het nie. Ons koop ook baie keer iets nét omdat dit afgemerk is. Vra jouself eers: “Sou ek volprys vir hierdie item betaal het?”

Tel tot by 3 (of 30) voor jy iets aanlyn koop

Aanlynwinkels en promosies dwing ons om vinnig besluite te neem. Voor jy net outomaties op die koopknoppie klik, teken eers uit jou aanlynprofiel uit, vat ’n blaaskans en kom later terug. Soos die Engelsman sê – “when in doubt, do without.”

Vra jouself die volgende vrae:

Voordat jy ’n item koop, beantwoord hierdie vrae:

  1. Gee 3 redes hoekom jy hierdie item moet koop
  2. Is daar ten minste drie ander items in jou kas waarmee jy dit kan dra?
  3. Dink aan drie komende geleenthede waarheen jy dit kan dra.

Kanselleer e-posse wat uitverkopings bemark

Jy mag dalk dink jy is ’n kundige verbruiker deur altyd nuwe items teen laer pryse as hul handelswaarde te koop, maar jy val in die bekende verbruikersielkundige gewoonte om meer te koop. Vermy die versoeking en teken uit van al die e-poslyste wat jou uitlok om goed te koop wat jy nie moet koop nie.

Koop vir die lewe wat jy nou het

Pasop om jouself te probeer oorreed oor hoe goed jy in ’n paar jeans gaan lyk as jy 5 kilogram verloor het. As jy jeans nou nodig het, koop ’n paar wat nou pas. Jy kan gerus droom oor môre, moet net nie vandag jou geld daarop spandeer nie.

Koop een goeie item

Koop eerder een goeie item as ’n hoop goedkoop items. Al die goedkoop items gaan jou in die lange duur meer kos. Belê eerder in een betroubare, duursame item. ’n Goeie voorbeel is ’n swembroek: ’n Duurder swembroek pas dikwels beter en hou langer indien jy dit mooi oppas. Nadat jy dit gedra het, spoel dit uit of week dit in koue water om sout, chloor, sonskerm en ander olies te verwyder wat die stof kan beskadig.

Gebruik die een-in-een-uit-reël

Vir elke nuwe kledingstuk, paar skoene of bykomstighede wat jy koop, moet een van die huidige items in jou kas na liefdadigheid gaan of aan iemand gegee word. Dit is nie altyd maklik nie, maar dit kan die verskil wees tussen ’n volmaakte klerekas en ’n gesonde bankbalans en oorloopkaste met ’n leë beursie.

Probeer op alternatiewe maniere koop

Winkels is nie die enigste manier om nuwe klere aan te skaf nie. Probeer klere ruil met vriende. Kry ’n paar vriende bymekaar en ruil onderlangs met mekaar klere wat julle nie wil hê nie. Dié uitruilpartytjie is ’n gratis manier om jou kas te verfris én skep die geleentheid om tyd saam jou vriendinne te spandeer.

Brei jou opsies uit met bykomstighede

Maak jou basiese klerekas meer opwindend met bykomstighede. Gebruik halssnoere, armbande en serpe wat jy kan meng met uitrustings wat jy reeds besit.

Hou droogskoonmaakkostes in gedagte

Kyk na versorgingsetikette voordat jy iets koop. As jy iets koop wat jy slegs na droogskoonmakers moet neem om dit skoon te kry, moet jy in gedagte hou dat dit nie die laaste geld is wat jy op die item gaan spandeer. Jy moet die droogskoonmaakkostes inreken vir elke dra.

Pas jou klere op

Deur mooi na jou klere te kyk, sal hulle langer hou. Gebruik sagte skoonmaakmiddels en vermy die tuimeldroër wanneer moontlik. Versorgingsetikette is daar vir ’n rede, lees dit en maak altyd volgens die spesifikasies jou klere skoon. Hetsy dit slegs met koue water gewas moet word, plat moet drooglê of met die hand gewas moet word. Dit sal die lewensduur van jou klere aansienlik verleng.

Leer hoe om jou klere reg te maak

As jy leer hoe om ’n paar eenvoudige verstellings aan jou klere te maak, kan jy baie geld spaar. Nie almal het die vermoë om jeans of ’n rok te verstel nie, maar begin deur die basiese beginsels te bemeester, soos om knope vas te werk of ’n soom in te sit. Dalk word jy geïnspireer om die moeiliker take ook aan te pak!

Roteer jou kas

Dit help om nie te vergeet van die klere in die agterkant van jou kas nie, en so ook nie jou gunsteling klere op te dra nie. Om dit te kan doen, hang die nuutgewaste klere aan die agterkant van jou kas.

Lees meer: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.