kategorieë: Leef gesondGesondheid

15 tekens wat aandui dat jou kind ’n sigprobleem het

Salomé Delport. Foto’s: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kyk diep in jou kind se oë

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sigprobleme by kinders kan meestal maklik reggestel word, of darem verbeter. Kyk ’n slag goed in jou kind se oë. As jy enige van hierdie opmerk, vra ’n dokter om deeglik te kyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

15 tekens wat aandui dat jou kind ’n sigprobleem het

  1. Sy oë fikseer nie.
  2. Sy oë flikker onophoudelik, asof dit heen en weer dans.
  3. Sy oë is nie in lyn met mekaar nie; hy is skeel of selfs net effens skeel.
  4. Sy een oog is groter as die ander een.
  5. Daar is ’n swelsel of knoppie om die oë of op die ooglede.
  6. Een ooglid hang laer as die ander een.
  7. Sy oë traan ongewoon baie.
  8. Een of albei oë is besonder groot of besonder klein.
  9. Die wit van sy oë bly rooierig of gelerig.
  10. Die gekleurde deel van een of albei oë lyk dof of “wolkerig”.
  11. Die pupil of kyker het ’n abnormale vorm of kleur.
  12. Een of albei oë “skyn” snags, of anders as ander mense s’n op ’n flitsfoto.
  13. Jou kind sit baie naby of baie ver van die TV of rekenaarskerm.
  14. As jy jou vinger al nader na sy neus beweeg, moet albei oë die vinger volg, tot albei eweveel binnetoe kyk. Indien nie, kan dit dui op ’n probleem.
  15. Jou kind sukkel om diepte en afstand te skat, wat gepas is vir sy ouderdom.

Vir nog goeie ouerskapraad, loer hier.

Klik hier vir nog gesondheidsinligting.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

2 hours Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

22 hours Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

1 day Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

4 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.