Salomé Delport. Foto’s: pexels
Kyk diep in jou kind se oë
Sigprobleme by kinders kan meestal maklik reggestel word, of darem verbeter. Kyk ’n slag goed in jou kind se oë. As jy enige van hierdie opmerk, vra ’n dokter om deeglik te kyk.
15 tekens wat aandui dat jou kind ’n sigprobleem het
- Sy oë fikseer nie.
- Sy oë flikker onophoudelik, asof dit heen en weer dans.
- Sy oë is nie in lyn met mekaar nie; hy is skeel of selfs net effens skeel.
- Sy een oog is groter as die ander een.
- Daar is ’n swelsel of knoppie om die oë of op die ooglede.
- Een ooglid hang laer as die ander een.
- Sy oë traan ongewoon baie.
- Een of albei oë is besonder groot of besonder klein.
- Die wit van sy oë bly rooierig of gelerig.
- Die gekleurde deel van een of albei oë lyk dof of “wolkerig”.
- Die pupil of kyker het ’n abnormale vorm of kleur.
- Een of albei oë “skyn” snags, of anders as ander mense s’n op ’n flitsfoto.
- Jou kind sit baie naby of baie ver van die TV of rekenaarskerm.
- As jy jou vinger al nader na sy neus beweeg, moet albei oë die vinger volg, tot albei eweveel binnetoe kyk. Indien nie, kan dit dui op ’n probleem.
- Jou kind sukkel om diepte en afstand te skat, wat gepas is vir sy ouderdom.