kategorieë: Sukses en geldJou lewe

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Hoe om te spaar op jou versekering deur Anet Schoeman. Inligting verskaf deur Johan van Greuning, hoof van Standard Insurance Limited by Standard Bank.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Spaar op jou versekering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou huis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Goeie sekuriteit is goedkoper

Hoe beter jou sekuriteit, hoe goedkoper jou versekering. Bring diefwering, sekuriteitshekke en elektriese drade aan en koppel jou alarm aan ’n gewapende reaksie-eenheid.

2. Self-verseker hierdie items

Self-verseker items soos jou skootrekenaar en selfoon wat maklik gesteel word: spaar geld tot jy die vervangingswaarde bereik en trek dan rente daarop in die bank.

3. Instandhouding is belangrik

Hou instandhouding op jou huis op datum. As jy skade het weens verwaarlosing, kan die versekering weier om uit te betaal.

4. Kry ’n kluis hiervoor

Bêre kosbare juwele wat jy nie dra nie in ’n kluis, of by die bank, eerder as om dit te verseker.

5. Wees slim hiermee

Wees verstandig: As jy huishoudelike versekering uitneem, moet jy ’n waarde aan jou huishoudelike items heg. As jy dit vir R100 000 verseker, maar dis eintlik R200 000, gaan die versekering net 50% van jou eis uitbetaal.

6. Rooksensors is ’n moet

Rooksensors is goedkoop en is ook ’n veiligheidsmaatreël.

7. Sit dit af!

Skakel jou geiser af as jy op vakansie gaan. Jy spaar elektrisiteit, maar dit keer ook moontlike skade as jou geiser sou bars. Vra ’n loodgieter om ’n pan onder jou geiser te installeer met ’n uitlaat wat water na buite sal lei, sou dit bars.

Jou voertuig

1. Wees eerlik

Wees eerlik oor wie die gereelde bestuurder is, vorige ongelukke, waar jou voertuig saans geparkeer is, en sluit die garage as dit ’n voorwaarde is. Andersins word jou eis geweier.

2. Installeer hierdie twee dinge

Installeer ’n alarm en opsporingstelsel.

3. Vind veilige parkering

Parkeer indien moontlik in ’n garage wat kan sluit, of agter geslote hekke.

4. Vinniger, beter, maar duurder

Enige veranderings om jou enjin aan te jaag, jaag jou premie ook op.

5. Waarvoor betaal jy nou eintlik?

Kyk waarvoor jy betaal. As jy nie ’n gehuurde motor nodig het as jou voertuig beskadig is nie, is jou premie laer.

6. Hierdie dinge laat jou meer uit die sak haal

’n Groter enjin en sekere soorte verf verhoog jou premie.

7. Bestuur beter

Doen ’n gevorderde bestuurskursus. Dit maak van jou ’n veiliger bestuurder en kan jou premie verlaag.

8. Padwaardigheid is belangrik

Maak seker jou voertuig is padwaardig. Gladde bande of stukkende ruitveërs kan jou eis affekteer.

Loer hier vir nog goeie raad.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

11 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

11 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

12 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

15 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.