kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in jou tuin te sien. Kleur en geur het beslis ’n kalmerende uitwerking op jou gemoed. Hou dit in gedagte en plant veral lekkerruikplante en -blomme naby jou patio, naby ’n deur of jou kamervenster wat jou ná ’n bedrywige dag sal help ontspan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is hope plante en struike met verskillende geure om uit te kies en dit sal van jou persoonlike voorkeur afhang. Hier is ’n paar om te oorweeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 ROSE

’n Mens kan selde by ’n roosboom verbyloop sonder om af te buk en ook aan die blom te ruik nie. Daar bestaan glo 25 verskillende roosgeure en sommige rose bevat meer as een van die geure. Oor die algemeen het donkerkleurige rose ’n sterker geur as ligter soorte, maar met kruisbestuiwing is dit ook besig om te verander.

Besoek ’n roosplaas of ’n kwekery om rose se geure te toets en te kies wat jy wil plant, want rose wat jy by bloemiste koop, is dikwels nog jong blomme waarvan die geur nog nie ten volle ontwikkel het nie.

Plant rose op ’n plek in jou tuin wat minstens ses uur se son per dag kry. Hoe meer koelte, hoe groter is die plant se blare ten koste van blomme en dit sal ook meer geneig wees om siektes te kry.

Rose is gulsige waterdrinkers. In sanderige grond kan dit selfs daagliks natgemaak word, maar dit sal nie in staande water groei nie. Die grond moet dus goed dreineer.

2 VERBLEIKBLOM

Hierdie struik blom van die lente tot die einde van die somer en die plant doen sy naam gestand met blommetjies wat pers oopgaan, dan verbleik na ligpers en dan na wit. Nietemin stel al drie kleure ’n lieflike geur vry.

Dit groei die beste in warm tot subtropiese gebiede met ’n somerreënval. Dit kan by die kus groei as dit teen sterk wind beskerm word en voldoende water kry. As jy dit in ’n winterreënvalgebied wil plant, moet dit in die somermaande genoeg water kry. Dit kan redelik ryp verduur. Erge ryp kan die boonste groei beskadig, maar dit kan ná blomtyd weggesnoei word waarna die plant weer vinnig sal herstel.

Dit kan volson verduur, maar floreer in halfskadu in die tuin.

Omdat verbleikblom ’n stadige groeier is, is dit nie nodig om dit te snoei nie. Jy kan dit wel snoei as jy dit ’n meer bosagtige vorm wil gee. Snoei as dit klaar geblom het.

3 WILDE JASMYN OF STERJASMYN

Dis ’n ranker wat vinnig groei en dra heerlike soet, wit, stervormige blommetjies in die somer. Dit aard goed in warmer dele van die land, maar as dit eers gevestig is, kan dit koue verduur. As jy in ’n gebied bly wat kwaai ryp kry, kan jy die plant die eerste paar winters teen die ryp beskerm. Gooi ook ’n deklaag om die plant om die wortels teen die koue te beskerm.

Dit groei goed in die son of halfskadu in vrugbare, leemgrond met kompos. Dit is droogtebestand, maar floreer as dit in blomtyd natgegooi word of wanneer dit vir lang tye droog is. Te veel water kan egter die plant laat vrek.

Die plant bereik binne drie jaar volwassenheid en kan ná blomtyd gesnoei word.

4 KATJIEPIERING

Daar is min blomme met so ’n soet reuk soos die katjiepiering. Dit is boonop ’n immergroen struik vir jou tuin. Dit groei die beste in warm, vogtige gebiede, maar kan ryp weerstaan as dit in ’n beskutte plek in die tuin geplant word. Dit verkies oggendson, maar sal in volson en spikkelskadu groei, veral in gebiede wat baie warm word.

Dit moet gereeld water kry, veral terwyl dit blom en dadelik by die geringste teken dat die blare verlep, maar wil nie in ’n plas water staan nie. Die plant kan gereeld met ’n gebalanseerde messtof gevoed word en dit hou van suur grond.

Daar is verskillende groottes katjiepieringplante beskikbaar waaruit jy kan kies. Dit kan gesnoei word as jy dit in ’n sekere vorm wil hou.

5 WILDE ROOSMARYN

Hierdie meerjarige inheemse plant is ook as die kapokbos bekend. Dit dra trossies wit blommetjies en nadat dit geblom het vorm vruggies wat met fyn haartjies oortrek is, vandaar die naam kapokbos. Die plant ruik soos Vicks as dit gekneus word.

Dit kom natuurlik in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Namakwaland voor maar is redelik gehard en sal oral in die land aard. Dit hou van volson en grond wat goed dreineer. Die wortels groei baie diep en wyd en is droogtebestand.

Die plant kan liggies gesnoei word as jy dit meer bosserig wil hê.

Bome met lekkerruikblomme

As jy ’n tuin het waar jy bome kan plant, kan jy die volgende oorweeg:

Klokkies-valskatjiepiering (Rothmannia globosa) is ’n kleinerige boom wat trosse welriekende roomkleur blomme dra.

Kaapsekastaiing (Calodendrum capense) raak middelslag tot groot en groei vinnig. Sy blomme en blare ruik lekker.

Saliehout (Buddleja) – daar is verskillende variëteite, maar die treursalie en die witolien se blomme het ’n heerlike geur.

Vanwykshout (Olusanthus speciosus) is ’n klein tot middelslag-boom en dra lieflike blou-pers blomme in trosse.

Drolpeer (Dombeya rotundifolia) is ’n pragtige enkelstamboom met ’n ronde kroon. Dit dra lieflike welriekende bloeisels in die lente. Dit is ook ryp- en droogtebestand.

Lees ook: 35 slim truuks vir jou tuin

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

1 day Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

2 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Silwerskermfees-nuus: Verfilming van My F*k, Marelize-speelfilm begin September in Namibië

Die rolprent speel in Windhoek af en is geïnspireer deur die ware gebeure wat tot…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.