kategorieë: Gesondheid

14 skades wat jy jou ongebore baba kan spaar

Jou ongebore baba drink saam. Jou drankie kan sy of haar lewe beïnvloed, sê Francois Grobbelaar van FASfacts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Die onvermoë om te leer Dit is vir FAS-mense lewenslank moeilik om nuwe feite in te neem en te onthou. Een van die tipiese tekens van alkoholskade aan die brein is ‘confabulation’, waar die persoon uit die feite wat hy wel onthou ’n storie saamflans. Ons maak dit af as leuenvertellery en onbetroubaarheid maar eintlik is dit hoe die FAS-brein werk.

2 ’n IK van 70-90
’n IK van 90 beteken hy het die potensiaal om 30-40% te behaal. FAS-babas het tipies ’n baie lae IK maar selfs babas wat aan minder alkohol bloot gestel is en dus minder breinskade het se IK sal laer as te wagte wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Fisieke kleinheid FAS-babas is gewoonlik kleiner en korter vir hul ouderdom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Stadige ontwikkeling en agterstande Die meeste is agter op hul ontwikkelingsmylpale en sal later begin kruip, praat, tel, lees en so aan.

6 ’n Kleiner brein met breinskade FAS-kinders is tipies geneig tot epileptiese aanvalle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 Gehoorprobleme is baie algemeen onder FAS-kinders.

7 Swak oog-hand-koördinasie en lompheid by baie is dit so erg dat hulle sukkel om te leer skryf, en nooit werk sal kan doen wat fyn oog-hand-koördinasie vra nie.

8 Fisieke gebreke veral ’n hartdefek, gesplete verhemelte en nierprobleme.

9 Die onvermoë tot selfbeheersing Hierdie kinders het lewenslank min beheer oor hul impulse, en ontwikkel nie goeie oordeel nie. Daarom sukkel hulle met roetine, woedebeheer, geldbestuur en onderskeid tussen reg en verkeerd.

10 ’n Gebrek aan selfgemotiveerdheid en inisitatief Die meeste kan eenvoudig nie onafhanklik leef en verantwoordelikheid vir hulself neem nie.

11 Swak sosiale vermoëns Die dele van hul brein wat verantwoordelik is vir gesonde sosiale interaksie en geluk is beskadig. Hulle vind dit moeilik om positief met ander mense om te gaan en om verhoudings te bou.

12 Depressie Baie van hierdie kinders neig na lewenslange depressie.

13 Verstoting Navorsing wys die gemeenskap verstoot FAS-mense, omdat dit te moeilik is om met hulle saam te leef.

14 ’n Hoë potensiaal vir alkoholisme FAS-mense is as fetus gewoond aan alkohol gemaak, en gebore met ’n groot potensiaal om self verslaaf te raak – en dieselfde patroon te herhaal.

Lees ook: Swanger bo 40

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.