Foto: Twitter
Dit is ’n verhaal van hoop en inspirasie. Die Suid-Afrikaanse atleet Ntando Mahlangu, wat Sondagaand ’n silwermedalje in die 200 m vir mans (T37) by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen het, se bene is vier jaar gelede (2012) geamputeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Mahlangu is met hemimelie gebore en het daarom onderontwikkelde ledemate. Nadat hy sy lewe lank in ’n rolstoel was, is sy bene op 10-jarige ouderdom geamputeer en moes hy leer loop. Hy het byna onmiddellik kunsbene (met lemme) gekry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Mahlangu se tyd van 23.77 sekondes het hom die tweede plek verseker, terwyl David Henson van Brittanje derde geeïndig het in ’n tyd van 24.74 sekondes en Richard Whitehead (ook van Brittanje), se tyd van 23.39 sekondes hom die goue medalje laat wen het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Terwyl Mahlangu eintlik die 400 m verkies, het hy bewys dat hy net so vinnig is in die 200 m. Hy het aan iol.co.za gesê dat hy lief is daarvoor om te hardloop en dat hy geweet het hy kon die 200 m goed hardloop sodra hy sy ritme kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die atlete Charl du Toit, Ilse Hayes en Fanie van der Merwe het Sondagmiddag drie medaljes vir Suid-Afrika ingepalm. Dit beteken span SA het tot op hede 6 medaljes by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen.
Charl du Toit het vroeër die week sy eie wêreldrekord gebreek in die 100 m vir mans (T37) met ’n tyd van 11.42 sekondes. Hy het Sondagmiddag die finale ronde gewen in ’n tyd van 11.45 sekondes.
Du Toit se spanmaat, Fanie van der Merwe, het in dieselfde item derde geeïndig met ’n tyd van 11.54 sekondes.
’n Rukkie later het die naelloper Ilse Hayes die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword wat ’n medalje by die 2016 Paralimpiese Spele wen. Hayes het tweede geeïndig in die 100 m vir vroue (T13) in ’n tyd van 11.91 sekondes.
Lees ook hier wie vir die eerste twee medaljes verantwoordelik was.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.