kategorieë: WenkeMode

14 items vir jou nuwe loopbaan

Wie sou kon raai dat drie hemde, ’n broek, ’n romp, twee rokke, drie paar skoene en ’n paar bykomstighede ’n volledige klerekas kan vorm met eindelose opsies van uitrustings? Die geheim is praktikaliteit en kleur. ’n Maklike riglyn is die ‘driehoek-kleurverhouding’ wat jy op enige uitrusting kan toepas om te bepaal of daar balans is. Wat dit beteken is dat jy bloot net moet sorg dat die primêre kleur in jou uitrusting drie maal herhaal word of met twee ander kleure in die uitrusting gekomplimenteer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bo-stukke

Wanneer ons kyk na bo-stukke is dit belangrik om ’n item te kies wat jou nie gaan bind in terme van kleur nie. Kry iets wat by alles sal pas, soos ’n wit kraaghemp. Die wit hemp is ’n moet-hê item omdat dit so prakties is. Volgende op die lys is ’n mooi bloes in ’n kleur wat by die meeste items sal pas. ’n Bloes is gerieflik in die somer, maar wanneer dit ’n bietjie koeler raak in die wintersmaande, is ’n polonek altyd ’n staatmaker. Jy kan dit saam met ’n baadjie, jas of selfs ’n rok dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Broeke en rompe

Die uitdaging met broeke en rompe is die feit dat ons almal verskillend gebou is en daarom is dit belangrik om deur jou figuur gelei te word. ’n Veilige opsie wat bykans alle figure komplimenteer, is ’n A-lyn midi-romp. Dit kan saam met ’n polonek, kraaghemp en selfs ’n kortlyf bloes gekombineer word. Veelsydigheid is hier weer baie belangrik. Dit is altyd ’n goeie keuse om ’n reguitpyp lang- of driekwart broek in jou kas te hê, aangesien dit prakties is vir enige seisoen. In terme van kleur is dit veiliger om te bly by donker en/of neutrale skakerings wat jou nie net skraler sal laat vertoon nie, maar dit is ook ’n meer diverse opsie om items mee te kombineer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rokke

Dieselfde reëls by broeke en rompe geld vir rokke. Maar, niks keer jou om met materiaal te eksperimenteer nie. Velvet, Check, suede en selfs gaas is vanjaar groot modetendense en sal jou uitrusting stylvol afrond.

Skoene

Wanneer dit by skoene kom, hang alles af van persoonlike smaak en die tipe beroep waarin jy jouself bevind. Jy wil nie ’n té hoë hak kies nie, daarom is ’n goeie maatstaf vir ’n hakskoen tussen 5 cm en 7 cm in hoogte. Die belangrikste is dat jy gemaklik moet wees met die hoogte van jou hak aangesien dit gemakliker sal loop, maar jou ook meer selfversekerd sal laat oorkom. Drie pare skoene is die ideale riglyn aangesien dit alle uitrustings, winter of somer, sal kan akkommodeer.

Bykomstighede

’n Paar mooi oorbelle, ’n veelsydige kleur handsak en laastens, iets anders soos ’n gaasjas met borduurwerk, doen wondere vir ’n klerekas met beperkte opsies. Laat jouself lei deur wat jou klerekas kortkom in terme van kleur en wat tans in die mode is.

Ons het 10 verskillende uitrustings uiteengesit om te wys hoe veelsydig die regte kombinasies kan wees.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

12 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

12 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

13 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

13 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

15 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.